Regering ondersteun klein besighede
Octavia Tsibes - Die Katutura-Oos-kiesafdeling in Windhoek het op 10 Mei toerusting ter waarde van ongeveer N$150 000 aan 15 klein en medium ondernemings oorhandig.
Die doel van die skenking was om hul besighede te bevorder.
“Toerusting is aan julle gegee vir die verbetering en vooruitgang van jul maatskappye,” het mnr. Ruban Sheehama, raadslid van dié kiesafdeling, by die oorhandigingseremonie gesê.
Sheehama, hoofspreker by die geleentheid, het die begunstigdes vir hul bydrae tot armoede-uitwissing en werkskepping geloof.
“Ek is baie dankbaar vir jul bydrae tot die ontwikkeling van ons ekonomie en die Harambee-welvaartplan,” het hy gesê.
Volgens hom word aktiwiteite wat inkomste skep deur baie streeksraadslede gebruik.
Volgens Sheehama sal daar ook fyn dopgehou word hoe die toerusting gebruik word, en kan dit teruggeneem word indien dit nie na wense gebruik word nie.
Me. Renathe Laksmann, 'n naaldwerkster, het gesê sy is verheug oor die regering se ondersteuning aan minderbevoorregtes.
“Nou sal dit goed gaan met my naaldwerkprojek," het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie