Regering oor Neckartal se toekoms
Die regering is op soek na ‘n private maatskappy om die dam se besproeiingskema, oftewel fase twee van die projek, te implementeer.
Die ministerie van landbou, water en bosbou sê hy gaan die Neckartaldam-besproeiingskema in die ||Kharasstreek op ’n bou, bedryf en oordra(BOT)-basis verhuur.
Dit behels ’n ooreenkoms tussen ’n private maatskappy en die regering, waartydens die maatskappy homself vir ’n sekere tydperk daartoe verbind om die fasiliteit te bou en te bedryf, voor hy eienaarskap aan owerhede oordra.
Die Neckartaldam is in die Berseba-kiesafdeling geleë en bouwerk hieraan het in 2013 begin.
Die tender is aan Salini Impregilo, ’n Italiaanse maatskappy, toegestaan om die dam te bou wat Namibië meer as N$5,7 miljard sal kos wanneer dit voltooi is en water aan ‘n besproeiingskema van 5 000 ha moet verskaf.
Aanvanklik is N$3,2 miljard vir die dam begroot.
Tot dusver het die ministerie nie enige toekomsplanne vir die dam of die besproeiingskema bekend gemaak nie.
Tydens die onlangse agtste jaarlikse fees van die Hai- / Khaua van Berseba, het hoofman Johannes Isaak geeis die regering moet fase twee van die dam (die besproeiingskema) bespoedig, en dat werksgeleenthede aan plaaslike inwoners gegee moet word – nie net as werknemers nie, maar ook as eienaars van sommige van die kleinhoewes.
GOEWERNEUR NIE INGELIG
Toe sy om kommentaar oor die saak genader is, het me. Lucia Basson, goewerneur van die ||Kharasstreek, gesê die ministerie het haar nooit ingelig oor hoe fase twee van die projek geïmplementer sal word nie.
Sy het bygevoeg boere oraloor die streek skakel haar kantoor om te hoor wanneer fase twee sal begin.
"Ek weet van niks, ek wil aan die minister self vra hoe die pad vorentoe lyk, maar ek kry hom nie in die hande nie. Baie mense wat in die besproeiingskema belangstel het my genader, maar ek het geen antwoorde vir hulle nie,” het sy gesê.
TENDERPROSES
In reaksie op Nampa se vrae het die ministerie se uitvoerende hoof, mnr. Percy Misika, aangedui dié tenderproses sal soos enige normale BOT-tender hanteer word.
Die proses sluit in ‘n uitnodiging vir BOT-tenders, evaluering en toekenning en daarná die implementering daarvan. Misika kon nie ‘n tydlyn verskaf vir wanneer die proses sal begin nie.
Misika het gesê kleinboere sal by die tweede fase van die projek ingesluit word.
Hy het bygevoeg hulle kan tans nie bepaal watter soort vrugte of groente geproduseer sal word nie en het gesê dit sal ook deur die private ontwikkelaars bepaal word.
Die eerste fase van die projek het die bou van die dam behels.
Die dammuur is ook reeds voltooi en vroeër vanjaar het die ||Kharasstreekraad se hoofstreekbeampte, mnr. Beatus Kasete, gesê die dam sal in September vanjaar aan die regering oorhandig word.
Mediaberigte het dit egter dat werk aan die dam tans tot stilstand gekom het omdat Salini nie betaal is nie.
Tydens ‘n galadinee van Keetmanshoop se Landbou-, Nywerheids- en Toerisme-ekspo einde Maart het Standard Bank Keetmanshoop se takbestuurder, mnr. Jaco van Zyl, ’n beroep op boere gedoen wat voordeel uit die Neckartaldam-besproeiingskema gaan trek om die bank om finansiering te nader.
Die dam sal die grootste in Namibië wees en sal ongeveer 960 miljoen kubieke meter kan hou – drie keer die grootte van die Hardapdam naby Mariental, wat tans die grootste dam in die land is. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie