Regering sê oor Zimbabwiese gegradueerdes
Die minister van inligting en kommunikasietegnologie sê Namibiërs moet in swaar ekonomiese tye meer doen met minder.
Catherine Sasman – Die kabinet het in reaksie op protes deur Namibiese gegradueerdes oor die voortgesette indiensname van Zimbabwiese argitekte en bourekenaars die ministerie van werke en vervoer opdrag gegee om die Namibiese Raad van Argitekte en “miskien die Ingenieursraad van Namibië” hieroor te raadpleeg.
Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Tjekero Tweya, het namens die regering teen xenofobie in die belang van die argitekberoep gewaarsku.
"Namibië is 'n produk van internasionale solidariteit en ons is trots daarop dat wêreldburgers graag in Namibië wil bly en ons help om aan die Namibiese huis te bou. Namibiërs het huise en loopbane dwarsoor die wêreld. Ander moet tuis voel in Namibië, terwyl ons verseker dat Namibiërs ook in hul eie land tuis voel," het Tweya in 'n verklaring gesê.
Hy het in die verklaring erken die druk om Zimbabwiese argitekte en bourekenaars by professionele liggame in die land te registreer is sodat hulle "private" maatskappye kan skep ná hul kontrakte met die ministerie verstryk het.
Hy het gesê terwyl die land se ekonomie besig is om te herstel, is baie kontrakte voorlopig gestaak.
Intussen kan die situasie "nie genees word deur te hamer op xenofobie nie", maar moet mense eerder oor verskeie vaardighede beskik en "meer met minder doen".
Tweya het egter ook deeglik die lang, moeilike pad vir plaaslike gegradueerdes verduidelik om by professionele liggame te registreer.
Volgens hom moet gegradueerdes geregistreer word vir opleiding wat tussen drie en sewe jaar of langer kan duur. Dié opleiding word deur skriftelike en mondelinge eksamens opgevolg.
Die minister van werke en vervoer, mnr. Alpheus !Naruseb, het op 17 Maart in die Staatskoerant afgekondig dat 29 Zimbabwiërs vrygestel is van registrasie by die raad van argitekte.
!Naruseb het op 28 Julie 'n brief aan die president van die Namibiese Raad van Argitekte en Bourekenaars, mnr. Kerry McNamara, geskryf waarin hy hom in kennis gestel het 29 Zimbabwiërs moet van registrasie vrygestel word.
In die brief het !Naruseb McNamara aangemoedig om die proses te bespoedig om die name van die vrygestelde Zimbabwiërs op hul register in te sluit.
!Naruseb het verder in die brief gesê "aangesien die registrasies van krag is vir die duur van elke persoon se dienskontrak, gee ek die raad hiermee opdrag om die proses te fasiliteer vir diegene op die lys wat in die toekoms aan die vereistes van die raad voldoen, om Evaluering vir Professionele Bevoegdheid (APC) af te lê”.
Tweya sê egter in sy verklaring !Naruseb het nêrens in die brief aan McNamara die vrystelling van registrasievereistes gemotiveer met die Wet op Argitekte en Bourekenaars van 1979 nie of dit op die Memorandum van Verstandhouding tussen die Namibiese en Zimbabwiese regerings gebaseer nie.
Tweya het ook gesê die indiensname van mense in die staatsdiens op kontrak is nie onderhewig aan die bestaan van 'n ooreenkoms tussen enige regering en die Namibiese regering nie.
"Met dié dat die betrokke ooreenkoms verval het, was daar geen verbod op die minister (!Naruseb) en die administratiewe owerhede om Zimbabwiërs aan te stel nie," het Tweya gesê.
Tweya het gesê met inagname van die feit dat die Zimbabwiërs hier in diens was om toesig oor projekte van die ministerie van werke en vervoer en die regering te hou, asook om jong Namibiërs op te lei, was die enigste uitstaande kwessie die Zimbabwiërs se registrasie.
Hy het ook gesê die 29 Zimbabwiërs is nie in hul eie land geregistreer nie, maar in Suid-Afrika of in die Verenigde Koninkryk.
“Die Namibiese Kwalifikasie-owerheid (NQA) erken egter nie kwalifikasies van Zimbabwe se Nasionale Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) nie. Daarom het die professionele liggame hier nie die Zimbabwiërs geregistreer nie,” het Tweya gesê.
“Wanneer hierdie spesialiste egter die eksamen afgelê het en hulle slaag, kan hulle uit eie reg registreer en nie net op grond van die vrystelling nie," het Tweya gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie