Regering slag gans wat goue eiers lê
SA se opheffing van droogtenood groot fout
Dr. Kobus Laubscher – Die impak van die uitgerekte droogte in sekere dele van Suid-Afrika skrei teen die voortydige opheffing van die noodtoestand en laat 'n klomp vrae onbeantwoord. Dié kommer geld ook in ander lande onder vergelykbare omstandighede.
Amptelike kommentare van die betrokke departement vergelyk met die veraf gedreun van die weer, maar met die wind wat wes waai, weet die boer dis neusie verby vir daardie belofte. Daar was voldoende en selfs oorvloedige reën in groot dele van die land, maar kritiek min in baie dele.
Só word berig van 'n plaas in die Kalahari met net 6 mm in die reënmeter aan die einde van die seisoen. Dié realiteit kan nie vertaal word in 'n taal wat reg laat geskied aan die lyding nie.
Die eerste vraag wat opkom, is of daar werklik erns was met die afkondiging van die noodtoestand. Die opvolgvraag het te doen met die omvang van die hulp wat aangebied is en dan vra 'n mens waar die min geld heen is as die nood onberekenbaar bly. 'n Verdere vraag is of die betrokke amptenare regtig op hoogte van sake is.
Dit klink nie so nie, want hoekom pleit hulle nie namens die betrokke boere wat by hulle om hulp kom aanklop nie? Dié situasie wek argwaan en breek onderlinge vertroue.
Hiermee saam word dit onmoontlik om daardie boere te laat glo hulle is onmisbaar. Hulle wat nou bakhand moet staan as gevolg van omstandighede buite hul beheer, sou soos hul boere oop harte en hande gehad het om onvoorwaardelik te gee vir noodverligting tydens die pandemie.
Geld wat vir dié nood bestem was, word nou aangewend om ander sosiaal-maatskaplike gate vanweë die pandemie te takel, terwyl daar duidelike bewyse van verspilling vóór die pandemie is. Die teenstrydigheid is die hand wat voed, word gebyt omdat verklarings oor die belangrikheid van die landbou lippediens is.
SEKTOR KAN EKONOMIE OMDRAAI
Wat egter 'n groter kwelling moet wees, is of die regering werklik verstaan wat die nuwe normaal kan wees as dit kom by gedifferensieerde ondersteuning aan sektore wat ekonomieë kan omdraai.
Dis 'n onbetwisbare feit dat die landbou dié ekonomiese steunpilaar in enige ekonomiese heropbouprogram sal wees, maar as dié vermoë nie behoorlik benut word nie, sal die dwarslat afgespring word.
Die Wêreld Ekonomiese Forum voer debatte oor hierdie en ander onderwerpe en kundiges se kommentaar moet 'n faktor word in enige hersiene ekonomiese heropbou.
Die ope vraag is of regerings oor die visie en dryfkrag beskik om dié realiteite behoorlik in beleidsontwikkeling te verdiskonteer. Landbou bevind hom in 'n sekulêre ekonomie waar die klem gaan val op ander maniere van ontwerp, vervaardig en gebruik van produkte waar produkte se gebruiksleeftyd verleng moet word in plaas van die klassieke benadering van neem, vervaardig en verspil (“waste”).
Vermorsing in die ruimste sin van die woord word beskou as 'n ontwerpsfout en die klem gaan val op die uitskakeling daarvan.
Groter harmonie met die omgewing is maar een van vele oorwegings. Om dit die praktyk te maak, is differensiasie van betrokkenheid die beginpunt.
POLITIEK MENG IN
Met die destydse aankondiging van 'n nasionale noodtoestand as gevolg van die droogte, is daar tereg gewys op die gevare van 'n kombersbenadering. Dit lei tot té min, té laat.
Dit was 'n redelike verwagting van die begunstigdes dat die graad van nood die maatstaf sou wees, maar behalwe vir administratiewe onbeholpenheid het politieke onderstrominge onregverdig gediskrimineer teen werklike nood.
Die opheffing van die noodtoestand te midde van die hertoekenning van die bietjie geld is sprekend van die uitdeel van visse, terwyl die vissermanne/-vroue en dié wat wou en kon leer om self die vis te vang, tervergeefs gewag het.
Deur die boere wat nog gebuk gaan onder die las van droogtes nou toegang te weerhou tot wat hulle regtens toekom, maak die eier belangriker as die hoender.
Die impak hiervan is vergelykbaar met die slag van die gans wat die goue eiers kan lê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie