Regering slag skaapskema
Ronelle Rademeyer - Ná 15 jaar en verliese van honderde miljoene Namibiese dollar het die regering aangekondig die omstrede kleinveebemarkingskema word vir een jaar opgeskort.
Dit beteken die grens is oop en daar is geen beperking op die uitvoer van skape na Suid-Afrika nie.
Dié aankondiging is gister by die Ekonomiese Groei-beraad in Windhoek gemaak. Dit was een van die voorstelle wat deur die Namibiese Landbou-unie ( NLU) aan die hoëvlak ekonomiese paneel gemaak is om groei in die landbousektor te bevorder.
Die skema is op 1 Julie 2004 ingestel om plaaslike uitvoer-abattoirs se waardetoevoegingsbedrywighede te stimuleer.
Dit is gedoen deur te bepaal boere moet ses skape plaaslik laat slag vir elke skaap wat hulle na abattoirs in Suid-Afrika uitvoer.
Die skema is verskeie kere aangepas en staan tans op ’n uitvoerverhouding van 1:1.
Verskeie ondersoeke is deur die jare gedoen wat op reuseverliese in die skaapbedryf gewys het.
Dit is omdat die prysverskil tussen plaaslike en Suid-Afrikaanse abattoirs toenemend groter geword het.
Die ombudsman, adv. John Walters, het verlede jaar na sy eie deeglike ondersoek aanbeveel dit moet afgeskaf word.
Mnr. Ryno van der Merwe, president van die NLU, het die aankondiging verwelkom.
“Ons probeer reeds jare lank daarop wys dat die skema die skaapbedryf benadeel weens die verliese wat boere ly.”
Mnr. Roelie Venter, uitvoerende bestuurder van die NLU, sê die som lyk só: “Ons werk op 800 000 skape per jaar waarvan 50% hier geslag moet word. Dit is dus 400 000 skape teen N$5/kg minder as in Suid-Afrika op ’n 16 kg-karkas, wat ’n totale verlies van N$32 miljoen per jaar vir die bedryf beteken.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie