Regering soek moeilikheid u2013 IPPR
Regering soek moeilikheid u2013 IPPR

Regering soek moeilikheid – IPPR

Staatsdepartemente word toenemend ondeursigtiger, meen ’n plaaslike waghond.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) sê die regering soek moeilikheid deur dikwels één mens verantwoordelik te maak vir besluite met ’n reuse-impak.

“Ek dink dít is wat ons sien met die grondkwessie,” het die IPPR gisteroggend by monde van sy uitvoerende direkteur, mnr. Graham Hopwood, in Windhoek gesê.

Hopwood sê daar moet opnuut klem geplaas word op verantwoordbaarheid. “Ons sal moet mik vir ’n stelsel wat deursigtig is en op reëls geskoei is.”

Oor die storm wat tans oor ’n Rus woed, wat vier plase by die regering huur, nadat hy die koopsom vir die einste grond betaal het, sê Hopwood: “Dit is ’n vreemde, obskure en ondeursigtige ooreenkoms. Die besonderhede is nie duidelik nie.”

Die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, dra tot die onduidelikheid by deur sy deuntjie oor die omstrede transaksie gereeld te verander. “Die minister sê vandag een ding en die volgende dag iets anders. Dit vra vir moeilikheid.”

Volgens mnr. Frederico Links, ook verbonde aan dié liggaam, laat die regering se openbare betrekkinge veel te wense oor.

Hy sê dit is dikwels die regering sélf wat omstredenheid veroorsaak oor ’n proses wat skeefloop deur nie ordentlik daaroor te kommunikeer nie.

“Dit word dan ’n skandaal weens die manier waarop dit hanteer word. Dít is waar die regering se probleem met openbare betrekkinge inkom.”

Hopwood en Links het die media gister tydens die bekendstelling van hul derde uitgawe van Procurement Tracker Namibia toegespreek.

Hiervolgens het die IPPR bevind “regeringsdepartemente doen in die algemeen nie veel om verkrygingsinligting op hul webwerwe beskikbaar te stel nie”.

Ondanks wetgewing om deursigtigheid met dié proses te bevorder, toon beskikbare inligting dit word nie in die praktyk toegepas nie.

Nie net word die publiek in die duister gehou oor die regering se jaarlikse verkrygingsplanne nie, maar daar word ook kwalik ’n woord oor individuele verkrygings gerep, sê Links.

Verkrygingsvrystellings hou toenemend ’n bedreiging vir die stabiliteit en integriteit van die nuwe verkrygingstelsel in, waarsku hy.

Dít het onlangs weer kop uitgesteek toe die bestuur van die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) vir mnr. Calle Schlettwein, die minister van finansies, gevra het om opgraderingswerk by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako van amper N$100 miljoen as noodverkryging te bestempel.

Links sê voorts ’n aantal munisipaliteite was tydens Augustus en September in die nuus weens beweerde tenderongerymdhede.

“Plaaslike owerhede bly ’n ernstige bron van kommer wat verkrygingsbestuur betref. Namibiese plaaslike owerhede het in die algemeen ’n gebrek aan verkrygings- en finansiëlebestuurservaring en kundigheid om ingewikkelde prosesse te bestuur.”

Links het gister ook groot gewag gemaak van hoe onprofessioneel regeringslui is.

Onder meer, sê hy, maak amptenare dikwels van private e-posadresse of selfone gebruik om staatsbesigheid te doen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!