Regering staan bakhand vir 2% van almal
Regering staan bakhand vir 2% van almal

Regering staan bakhand vir 2% van almal

’n Vertroulike dokument het gister uitgelek waarin die regering gewone werkers om finansiële hulp wil nader.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die regering wil hê elke werkende Namibiër moet eenmalig 2% van sy maandelikse basiese salaris skenk.

Luidens ’n gelekte brief wil die regering die geld wat hulle na verwagting hiermee sal invorder, gebruik om die ellende van die droogte te verlig, jeugvaardighede op te skerp en ondernemingsontwikkeling ’n hupstoot te gee.

Die uitvoerende direkteur in die kantoor van die eerste minister, mnr. I-Ben Nashandi, het gister aan vakbonde geskryf om môre oor die kwessie te beraadslaag.

Mnr. Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW), het gister bevestig hy het die brief ontvang.

Hy wil nie môre se vergadering vooruitloop nie, het hy by navraag gesê. Maar dié wending is ’n algehele eerste, sê hy.

Me. Saima Shaanika, die woordvoerder van die eerste minister se kantoor, het laat gister gesê die brief was vertroulike interne kommunikasie tussen dié kantoor en die NUNW.

Sy weet nie hoekom dit uitgelek is nie.

Volgens haar moet verdere navrae daaroor aan Muniaro gerig word.

Mnr. Nico Smit van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), het ’n beroep op Namibiërs gedoen om te weier om dié bydrae te betaal. “Hoekom sal jy betaal as die Swapo-geleide regering steel, verkwis en hulleself verryk met ons belastinggeld?”

Hy het werkers wie se werkgewers die geld van hul salarisse sal verhaal, aangeraai om regstappe te doen.

Die mees onlangse data van die Namibië Statistiekagentskap (NSA) toon die land het sowat 600 000 werkende inwoners.

Teen druktyd gister het die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, nog nie gereageer op 'n navraag per WhatsApp oor hoeveel geld die regering sou kon insamel indien almal wat salarisse verdien, tot dié eenmalige aftrekking sou instem nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!