Regering stel swak voorbeeld
WILLEM DE WET SKRYF:
Ek kan nie glo dat die regering die arrogansie het om werkgewers te dwing om mense in diens te hou en hulle salarisse te betaal in die huidige omstandighede nie. As ons nou maar net kyk na die voorbeeld wat dieselfde regering aan sy burgers stel, is dit eintlik lagwekkend om te hoor wat hulle kwytraak. Kom ons kyk na 'n paar goedjies wat my dwars in die krop steek:
Werkgewers moet aanhou om belasting te betaal sodat die GRN kan aanhou om salarisse en toelaes en wat nog alles onversteurd te trek en lelike koeke te koop, te dans en partytjies in lockdown te kan hou. Verder het hulle geld om elke GRN-kar en polisiekar wat nog wiele het, se tenk vol petrol te maak en die paaie vol te ry om die belastingbetalers te intimideer en te vermaak met hul kamma-skielike paraatheid. Is dit nie 'n grap nie? Bel as by jou ingebreek word en daar is nie 'n kar in die land wat manne kan bring om te kom ondersoek nie, maar roep 'n noodtoestand en jy kry skielik 'n prentjie van hoeveel lopende karre daar is en hoeveel van die karre tans staan voor noodsaaklike diensverskaffers en by privaat huise se deure. Ons betaal tans ook die petrol vir die amptenary se inkopieritte. Dit alles terwyl dieselfde regering nie sy belastingbetalers betaal vir dienste aan hom gelewer nie en ook nie die BTW wat aan die belastingbetalers verskuldig is, uitbetaal nie.
Munisipaliteite vorder geld vir water en krag van die inwoners in, maar betaal dit nie oor aan die nasionale verskaffers nie, en die dienste word dus elke nou en dan opgeskort. Hulle gebruik die geld van die belastingbetalers om hulle salarisse te betaal en afgedanktes weer aan te stel teen 'n m***se pay ná hulle nou maande op vol betaalde verlof was, karre te koop en wat nog alles.
Toe ek nog by ons GRN-broer in die toerismesektor betrokke was, het die instansie nie BTW, PAYE, belasting, pensioenfonds-bydraes of SSC betaal nie en die geld ook gebruik om salarisse en ander verwante uitgawes te betaal.
So word daar jaarliks geld bewillig om nasionale projekte aan te pak, maar keer op keer moet ons lees daar het niks van gekom nie, behalwe dat 'n paar Fat Cats nog 'n bietjie gewig opgetel het en nog 'n paar amptenare bevorder gaan word ter vergoeding vir hul aandeel in die skandale. So lees ons elke dag van die vergrype en Fishrots, rail rots, forestry rots, road rots, China rots . . .
Voorbeelde van verrotting aan die kop kant van ons politiek is legio en dit gaan onverstoord voort. Die klomp aan die stuur van die land is besig om op alle vlakke te wys hoe dinge nié gedoen moet word nie, maar daai selfde klomp Slimjanne onder wie se bestuur alles besig is om te verval, wil vir 'n ekonomie wat op sy knieë is voorskryf hoe ons ons besighede moet bestuur om lewend anderkant uit te kom.
Ek het 'n voorstel: Kom ons volg die voorbeeld wat vir ons gestel word deur die land se slim leierskorps. As ons doen wat hulle doen behoort ons mos 'n sterretjie op die voorkop te kry vir goed gekondisioneerde navolging van die daargestelde voorbeeld?
Kom ons hou op om alle belastings te betaal en gebruik daardie geld om ons werkers se salarisse te betaal. Ons stop met PAYE, BTW, SSC, WCF, pensioen, medies, inkomstebelasting, lisensiegelde ens. en ons kanaliseer daardie geld na payroll en toelaes sodat die werkerskorps by die huis kan sit en vol salarisse verdien soos die amptenare in die tyd wat die werkgewer geen inkomste het nie. Dit blyk om 'n meer aanvaarbare oplossing te wees om gelde elders te weerhou en die salarisse aan te hou betaal as om te snoei om te oorleef.
As daar 'n verdere tekort is op die salarisrekening, dan hou ons ook op om water en ligte te betaal aan die munisipaliteit, en gebruik daardie besparing om die tekort op die salarisrekening mee op te maak. Die munisipaliteit betaal tans hulle salarisse met die W&E-inkomste en betaal nie NamWater en NamPower nie, so ons kan die middelman dan mos maar uitskakel en sommer self die gelde verskuldig aan die nasionale verskaffers terughou? Dit spaar ten minste die bankkoste ook. En dit terwyl die GRN, so ver ek kan aflei, die meeste geld aan munisipaliteite in die land skud. So, as die staat dink dit is reg om nie munisipale rekeninge te betaal nie, wie is ek om te stry?
Sal graag wil sien hoeveel staats- en semistaats-, SME's en al daai kammalandbesighede wat deel van die GRN-web vorm, se belastings, personeelbydraes, water en ligte en krediteure uitstaande is en wat die bedrag is?
Ek dink ons gaan skrik!
Manne, hierdie Land of the Brave is nie vir sissies nie maar dit gaan nog lekker raak. Werkgewers sit mos op miljoene wat onder die beddens weggesteek is om te kan help in krisisse soos dié en ons werkgewers moet in lockdown, sonder 'n inkomste, die staat se wiele aan die rol hou en ook die landsburgers se salarisse betaal.
Hoe de hel kan enige mens die som gemaak kry? Een bloedsuier maak nie 'n dier vrek nie, maar ons ekonomie is tans oortrek met meer suiers as wat die dier kan voed. Elke suier eis sy pond vleis en die dier wat moet voorsien om die monde te voed, staan in die kraal vasgemaak sonder kos en water en kan net nie meer genoeg lewer om alle magies vol te hou en self ook te oorleef nie.
Dit blyk egter dat ons regering en die unies dit eens is dat die gasheerdier dan eerder maar moet vrek in die stryd eerder as om nou die las so te bestuur dat die voertuig anderkant uitkom om weer passasiers op te laai op die pad vorentoe.
Kom met beter planne asb.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie