Regering steun hidroponiese voer
Die kabinet het Dinsdag aangekondig Namibië sal die grootskaalse kweek van hidroponiese dierevoer aanpak.
Mnr. George Simataa, kabinetsekretaris, het aangekondig 7 000 boere – 500 uit elke streek – sal hierin ondersteun word.
Die helfte van hul onkoste vir die oprigting van ’n kleinskaalse hidroponiese voerproduksie-eenheid en die helfte van hul aanvanklike saadkoste sal gedek word.
Agribusdev het reeds N$10 miljoen uit N$33 miljoen ontvang om die projek as een van die regering se Groenskema-projekte van stapel te stuur.
Die oprigting van ? gemeganiseerde hidroponiese stelsel by een van die Groenskema-projekte is nou dié staatsonderneming se verantwoordelikheid.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie