Regering suinig met hulp
Net 30% van besighede in Namibië bedryf tans weer volstoom sake.
Jo-Maré Duddy – Minder as een uit elke vier besighede wat die regering om beloofde Covid-verligting genader het, het hulp ontvang.
Die Namibië Statistiekagentskap (NSA) se tweede verslag oor die impak van die pandemie op die sakesektor is gister vrygestel en toon net 23,7% van besighede wat aan die opname deelgeneem het, is deur die regering ondersteun.
Die opname is van 27 Julie tot 7 Augustus gedoen en het 619 besighede in 16 sektore betrek. Bykans 60% van ondernemings het terugvoering verskaf.
Amper 88% van respondente se sakebedywighede het deurgeloop. Sowat 92% verwag dié negatiewe neiging gaan voortduur.
Meer as 85% van besighede in die opname se omset is deur die maatreëls onder die noodtoestand getref. Die meeste van hulle het tussen 91% en 100% van hul inkomste verloor.
Werkverlies
Sowat 30% of 108 besighede moes werknemers weens die uitwerking van dié maatreëls aflê. Ongeveer 22% moes hul arbeidsmag met tot 10% sny, terwyl 9,3% tussen 91% en al hul werkers laat gaan het.
Twintig present van besighede het hul deure tydelik gesluit, terwyl een present permanent toegemaak het. In die NSA se eerste opname, wat van 30 April tot 11 Mei gedoen is, was dié syfers 25,2% en 3,5% onderskeidelik.
Luidens die jongste verslag bedryf 48% “gedeeltelik sake”, minder as die 50% in die vorige opname. Sowat 23% van besighede in die vervaardigingsektor val in dié kategorie, gevolg deur 11,6% van groot- en kleinhandelaars.
Net 31% van besighede is tans weer volstoom aan die gang vergeleke met 21,2% in die eerste opname.
Geen koopkrag
Bykans 62% van besighede sê die gedempte vraag na hul produkte en dienste is die grootste probleem. Amper 72% verwag dit sal ‘n kopseer bly indien die status van die Covid-19-pandemie nie verander nie.
‘n Verwagte tekort aan personeel is deur 39% van besighede as ‘n nagevolg van die pandemie uitgelig.
Uit die 27% van besighede wat tussen 91% en 100% van hul inkomste moes inboet, was die meeste (13,6%) hotelle en restaurante. Elf present van administratiewe en ondersteuningsdienste bevind hulle in dieselfde bootjie. Bykans 3% van landboubesighede het byna al hul inkomste weens die staking van trofeejag verloor.
Volgens die NSA het besighede wat gelukkig genoeg was om hulp van die regering te ontvang, dit hoofsaaklik in die vorm van verligting in die heffing vir beroepsonderrig en – opleiding (VET) ontvang.
Net 7,5% van die bykans 24% wat deur die regering bygestaan is, het ‘n subsidie vir die vergoeding van werknemers ontvang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie