Regering veroordeel geweld in Zimbabwe
Die Namibiese regering het die uitbreek van gewelddadige protes in die strate van Harare, Zimbabwe oor die laat aankondiging van die land se uitslae van sy presidensiële verkiesing veroordeel.
Volgens ’n verklaring wat deur die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking uitgereik is, is aantygings deur die opposisie dat die Zimbabwiese Verkiesingskommissie (ZEC) dit doelbewus doen om die uitslae te manipuleer, ongegrond.
“Ons doen ’n beroep op al die politieke spelers in Zimbabwe om die maksimum selfbeheersing toe te pas en die wette van die land te gehoorsaam,” lui die verklaring.
Die regering het voorts sy tevredenheid uitgespreek dat verkiesingswaarnemers wat die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC), die Afrika-unie (AU) en Comesa die verkiesingsproses in Zimbabwe vry, vreedsaam en deursigtig verklaar het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie