Regering, VN gaan nuwe vennootskap aan
Namibië en die Verenigde Nasies het 'n nuwe vennootskapraamwerk om samewerking van 2019 tot 2023 te lei.
Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie en minister van ekonomiese beplanning, mnr. Obeth Kandjoze, en die Verenigde Nasies (VN) se inwonende koördineerder in Namibië, me. Kiki Gbeho, het verlede week die VN se vennootskapraamwerk (Unpaf) by VN-Huis in Windhoek bekend gestel.
Die raamwerk, onder die tema “’n vennootskap vir die uitwissing van armoede en ‘n toename in gelykheid” voorsien ‘n oorsig van die VN stelsels se betrokkenheid en funksies van 2019 tot 2023 in Namibië.
Die VN-stelsel sal deur hierdie raamwerk die Namibiese regering ondersteun om nasionale en internasionale ontwikkelingsdoelwitte te verwesenlik.
In sy boodskap het Kandjoze klem gelê op die noue skakeling tussen die raamwerk en Namibië se ontwikkelingsagenda. “Ons nuwe vennootskap is in pas met Namibië se behoeftes en aspirasies soos in ons nasionale ontwikkelingsplanne en beleide soos Visie 2030, die Vyfde Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP5), die Harambee-plan vir Voorspoed (HPP) en die Bloudruk vir Welvaart Verspreiding en Armoede Uitwissing asook die Globale Agenda 2030 en die Afrika-vasteland se Agenda 2063, wat ons as land ons eie gemaak het,” het Kandjoze gesê.
Omdat dit heeltemal in pas met NDP5 is, sal Unpaf 2019-2023 tot vier belangrike gebiede bydra naamlik ekonomiese vooruitgang, maatskaplike transformasie, volhoubaarheid van die omgewing en goeie staatsbestuur.
Unpaf 2019-2023 is deur ‘n lang en ingewikkelde proses ontwikkel wat aangepas is by Namibië se verskuiwende ontwikkelingsdinamika.
Dit sluit in die middeltermynhersiening van die vorige Unpaf 2014-2018 in 2016; ‘n gemeenskaplike landontleding in 2017, en ‘n gesamentlike vennootskap en strategie vir die mobilisasie van bronne in 2017.
Die raamwerk en die VN se betrokkenheid in Namibië is daarop gemik om Namibië te help om die land se langtermynvisie, Visie 2030, te verwesenlik deur ‘n strategiese proses om prioriteite te bepaal. Die Namibiese regering en die VN het ook deurlopende met die private sektor, die akademie, burgerlike samelewing, die jeug asook bilaterale en multilaterale vennootskap beraadslaag.
Met Namibië se onlangse klassifikasie as boonste middelinkomste land het die VN se betrokkenheid by Namibië verskuif van een wat op ontwikkelingsbystand gefokus was na een van ontwikkelingvennootskap. Dit beteken dat bykomend tot die programme wat die VN in die land bedryf, die VN se fokus verskuif het na die voorsiening van tegniese kundigheid en die bou van die regering se kapasiteit om dienste te lewer. Met die jongste raamwerk sal die VN op die ontwikkeling van nasionale instansies se kapasiteit, die vestiging van multilaterale benaderings tot ontwikkeling, asook die voorsiening van tegniese kundigheid, beleidsontleding en raadgewende bystand fokus.
VN-agentskappe wat nie kantore in Namibië het nie, maar wel programme en projekte in die land ondersteun, word ook in die raamwerk aangetref en is ook ten volle in pas met Namibië se agenda.
“Om die oorlog teen armoede te wen en ons laaste uitdagings te oorkom, sal baie harde werk van ons almal verg. Harambee sal ‘n werkwoord en nie ‘n naamwoord nie moet word.
“Op my laaste dag as inwonende koördineerder in Namibië, is ek baie opgewonde oor die bekendstelling van die raamwerk. Dit gee erkenning aan die uitdagings en bou voort op Namibië se stabiele ontwikkelingsfondament om te verseker dat niemand uitgelaat word nie,” het Gbeho gesê.
Die implementering van Unpaf 2019-2023 sal volgende jaar begin wanneer Unpaf 2014-2018 ten einde loop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie