Regering vs. versekeraars
Verskeie sleutelbeginsels is op die spel in die saak waarin die ministerie van finansies en Namibre, die staat se herversekeringsmaatskappy, verskeie versekeringsmaatskappy hof toe gesleep het.
Gister het Republikein in meer diepte oor die twee kante van die saak berig.
Die regering eis versekeraars moet 12,5% van alle polisse met 'n waarde van meer as N$100 000 aan Namibre sedeer. Namibre moet ook 20% van herversekeringskontrakte ontvang. Uitspraak is nog nie gelewer oor die bedryf se grondwetlike aanslag op die betrokke wetgewing en regulasies nie.
Vir versekeraars gaan dit om kwessies soos sakevryheid, redelike perke op private maatskappye en winsgewendheid. Die regering wil in die proses meer kapitaal in die land hou.
Oorbelasting is volgens die bedryf 'n kwessie, hoewel Namibre ontken die voorgeskrewe sedering is 'n “belasting”. In die algemeen word private besighede reeds aan uiters hoë belastings onderwerp.
Die staatsonderneming sê ook polishouers sal nie negatief geraak word nie, en nie polishouers of versekeraars sal volgens Namibre aan bykomende risiko's blootgestel word nie.
Volgens versekeraars weier Namibre om sekere herversekering op te neem wat reeds aangebied word en sal die staatsonderneming in elk geval ook herversekering in die buiteland moet uitneem.
Alle Namibiërs het belang by die uitkoms van hierdie regsgeding. Volgende week se verwagte uitspraak in die regering se dringende aansoek kan rigtingbepalend wees.
So sê ander
10 September 2018
Die Burger sê
Wat moet 'n mens dink van die nuus oor 'n groep hooggeplaaste amptenare in die Withuis wat vlytig werk om pres. Donald Trump se waggelende koers te neutraliseer?
In enige gewone demokrasie sou só iets totaal onhoudbaar wees.
Amptenare is daar om die wettig verkose regering se beleid uit te voer en basta.
As iemand voel hy/sy kan daardie beleid nie met sy/haar gewete vereenselwig nie, en die persoon kan nie die beleid deur die gewone kanale gewysig kry nie, moet hy/sy die eerbare weg volg en bedank.
Ofskoon die amptenare se “sabotasie” in beginsel afgekeur moet word, lyk dit asof hulle desperaat is om hul land (en die wêreld) van 'n ramp te red. As sodanig moet daar begrip vir hulle wees. Tog was die artikel 'n yslike risiko.
Dit kan 'n gefrustreerde Trump tot nog erger dade dryf. En dan het die artikelskrywer sy land en die wêreld 'n groot onguns bewys.
• DIE BURGER (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie