Regeringsmagte dryf IS in Sirte terug
Regeringsmagte dryf IS in Sirte terug

Regeringsmagte dryf IS in Sirte terug

Libië
Estelle de Bruyn
Libiese magte sê hulle het ‘n woonbuurt in die sentrale deel van Sirte Maandag van die Islamitiese Staat-groep (IS) herower.
Dit laat nog net een distrik in die stad in die militante se hande.
‘n Woordvoerder, Rida Issa, sê Sirte se woonbuurt Nommer Een is “heeltemal bevry”, maar het bygevoeg dat brigades, met die ondersteuning van Amerikaanse lugaanvalle “in die proses is om oorblyfsels van Daesh (IS)" uit die gebied te verdryf.
Vir meer as drie maande het brigades lojaal aan Libië se regering van nasionale eenheid geveg om IS uit Sirte te verdryf.
Militante het hulself met selfmoordbomaanvallers, sluipskutters en landmyne verdedig en brigadevegters is swaar verliese toegedien. Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!