Regeringsmagte lê beslag op voorraad
Die humanitêre ramp in van die laaste rebelle beheerde gebiede in Sirië duur voort met die regering wat nooddienste se mediese voorraad afneem.
Mediese noodvoorraad bereik nie die geteisterde oostelike dele van Ghoeta buite Damaskus, die Siriese hoofstad, nie, berig Sky News. Ghoeta is die naam van die oase wat aan die suide en ooste van Damaskus voorkom.
'n Konvooi met humanitêre voorraad wat Maandag die beleërde woonbuurte onder rebellebeheer bereik het, se traumavoorraad, insulien, chirurgiese instrumente en dialisetoestelle is deur Siriese regeringsmagte afgeneem.
Meer as 'n derde van die gebied is nou onder die beheer van die Siriese regering. Die oostelike deel van Ghoeta word reeds weke lank deur die Siriese regeringsmagte gebombardeer.
skietstilstand
'n Skietstilstand is deur die Verenigde Nasies bewerkstellig sodat hulpverleningsorganisasies noodvoorraad by die dorp Dhoema kon aflewer en burgerlikes toegelaat kon word om die stad te verlaat.
Volgens die Verengde Nasies is daar kos vir ongeveer 27 500 mense in die konvooie. Altesame 46 voertuie kon Maandag vir die eerste keer dorpe en stede in die omgewing bereik.
Minstens 719 mense, meestal kinders, het sedert middel Februarie in die geweld omgekom. In lugaanvalle Sondagnag alleen is 14 burgerlikes dood, berig die BBC.
Volgens die Siriese Burgerlike Beskerming, ook bekend as die Wit Helms, 'n groep vrywilligers wat help om burgerlikes onder puin uit te grawe ná bombarderings en met hulle na mediese geriewe te haas, is 11 mense in die dorp Jisrin dood gedurende die Siriese regering se lugaanvalle. Sirië word deur Rusland gesteun in dié aanvalle.
Oostelike Ghoeta is oos van Damaskus geleë en huisves sowat 400 000 mense. Die rebelle-enklave word reeds sedert 2013 deur regeringsmagte aan aanvalle onderwerp, maar die afgelope twee weke se aanvalle, met aansprake dat chemiese oorlogvoering deur pres. Basjar al-Assad op sy eie mense gebruik word, het in intensiteit toegeneem, berig Al-Jazeera. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie