Register vir seksoortreders teen 2022 in vooruitsig
Die Popular Democratic Movement (PDM) het onlangs aangekondig dat die regering 'n register vir seksoortreders voor 31 Maart 2022 sal opstel. Dit volg nadat me. Winnie Moongo, 'n PDM-parlementslid, op 7 Oktober verlede jaar dié voorstel gemaak het.
Die PDM het gesê hulle parlementêre koukus sal die wetgewing in die Nasionale Vergadering (NV) aanhou beïnvloed.
Die voorstel is ter tafel gelê toe Moongo vir die slagoffers van seksuele geweld in die NV gepleit het.
MISDAAD FLOREER
“Wanneer jy die daaglikse koerante oopmaak, dink jy dat Namibië 'n hemel vir verkragters is,” sê sy.
“Elke dag lees jy van 'n vrou, kind, ouma, ma of selfs 'n baba wat verkrag is.
“Dit is ons nuwe werklikheid en die statistieke jok nie. Altesaam 3 164 verkragtingsake is tussen 2016 en 2019 by die polisie aangemeld,” het sy gesê.
Die polisie het in 2015 gesê 'n skokkende 79% van verkragtings word nooit aangemeld nie.
Bewyse bestaan dat 'n register vir seksoortreders een van die mees doeltreffende meganismes is om seksmisdade in lande soos Israel, Nieu-Seeland en Australië hok te slaan.
'n Register maak dit makliker vir die polisie om potensiële heroortreders op te spoor en om lede van gemeenskappe in te lig dat hulle in moontlike gevaar is.
“Die register word verder genoodsaak aangesien oortreders na die samelewing terugkeer ná vonnisuitdiening en onder die wetstoepassers se radar beweeg.”
Die register sal maatreëls voorskryf oor hoe seksoortreders se interaksie met die publiek in die toekoms moet plaasvind.
“Dit is nie 'n straf vir seksoortreders nie. Dit is 'n meganisme om die gemeenskap veilig te hou van vorige seksuele oortreders,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie