Registrateur moet wysigings goedkeur
Henriette Lamprecht – Wysigings deur geregistreerde mediese fondse om aan die vereistes vir die wet op mediese fondse te voldoen, moet vir goedkeuring aan die registrateur van mediese fondse voorgelê word.
Die Namibiese waghond oor finansiële instellings in Namibië, Namfisa, het in April vanjaar in ’n kennisgewing mediese fondse in die land opdrag gegee om afslag op gim-lidmaatskap en ander weldstandsprogramme aan fondslede teen die einde van volgende jaar te staak.
Dié kennisgewing vereis van mediese fondse in die land om hul reëls dienooreenkomstig te verander om dit met die bepalings van die wet op mediese fondse te versoen.
“Soos vereis in terme van die wet, moet die wysigings aan die registrateur vir mediese fondse vir sy oorweging en vir goedkeuring voorgelê word.”
Volgens mnr. Christopher Swart van Namfisa is die kennisgewing slegs ’n manier om die regsvereistes, soos dit in die wet vervat is, oor te dra.
“Word daar nie by die bepalings in die kennisgewing gehou nie, is dit ’n oortreding van die wet se voorwaardes.”
Swart sê die wet skryf voor dat enige persoon wat die bepalings van die wet oortree, ‘n boete opgelê word.
Op ’n vraag of Namfisa se kennisgewing regstatus het, het hy beklemtoon dit dra die regsvereistes, soos vervat in ’n tersaaklike wet of gevestigde regsbeginsels, oor.
“Navraag moet dus gerig word tot die bepalings van die verwante wet of regsbeginsels waarop die kennisgewing gebaseer is.”
Volgens Namfisa het die voorsiening van welstandsprogramme aan lede nie noodwendig die verskaffing van gesondheidsorg deur ’n geregistreerde persoon as oogmerk soos dit in die wet op mediese fondse bedoel word nie.
Die doel van die fondse se voorsiening van afslag op gim-lidmaatskap is volgens die waghond ook nie dat uitgawes aangegaan met die verskaffing van ’n mediese diens deur ’n geregistreerde persoon gedek word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie