Regrukplan: Edcon verlaag pryse
Stel 2 500 mense aan
Edcon is van plan om sy arbeidsmag met soveel as 7% uit te brei en sy pryse te verlaag, as deel van ’n regrukplan nadat die Amerikaanse private-ekwiteitsgroep Bain Capital afstand gedoen het van sy beheer oor die groep.
Edcon wat onder meer Edgars, Jet, Boardmans en die CNA besit, word nou beheer deur krediteure soos Franklin Templeton, die Harvard-pensioenfonds asook Barclays Africa en FirstRand.
Volgens Bernie Brookes, sy uitvoerende hoof, wil hulle kliënte terug lok deur tot soveel as 2 500 nuwe werknemers aan te stel wat deeglik opgelei sal word oor die klerereekse in hul departemente.
Die aanstellings sal die impak van jare se werkverliese teenwerk van Edcon wat swaar gebuk gegaan het onder dalende verkope en ’n skuldlas van sowat R27 miljard. Die las is met die herstrukturering verminder tot R6 miljard.
“Ons is waarskynlik die enigste waarde-toegevoegde afdelingswinkel in die wêreld waar kliënte hulself moet help terwyl hulle werklik wil hê daar moet iemand wees wat jou help aanpas en seker maak dit is die regte grootte,” sê Brookes.
“Ek verwag wanneer ons klaar is, sal ons soveel as 2 500 mense aanstel om beter kliëntediens te lewer.”
Sowat ’n vyfde daarvan kan uit winkels wat Edcon toemaak aangestel word en die res sal gewerf word.
Brookes werk op ’n vierjaarplan nadat Baines met krediteure ooreengekom het op ’n aandele-vir-skuld-ruilplan.
Die kleinhandelaar bestaan al 87 jaar en het omtrent 30 000 mense in diens, maar hy moes toesien hoe sy verkope in sy meer as 1 500 winkels taan. Hy moes ook grootliks sake bly doen om sy skuld terug te betaal.
Terugveg
Brookes wil die “verrottingsproses” in die eerste jaar van nuwe eienaarskap stopsit, in die tweede sy verlies aan markaandeel beëindig en terugveg in die derde en vierde jaar.
Edcon sal op die JSE noteer as die onderneming beter vaar, sê hy.
Hy sal ook pryse verlaag en laer winsmarges aanvaar op sy klereverkope in ’n mededingende mark met nuwe internasionale toetreders soos Hennes & Mauritz en Inditex se Zara, sê Brookes.
Edcon se verkope het in die boekjaar tot einde Junie met 1,3% tot R27,1 miljard gedaal.
In winkels wat in die vorige jaar oop was (dus uitgesluit nuwe winkels) het verkope met 3,2% gedaal. Dit is grootliks omdat die verkope op krediet met 10% gedaal het.
Brookes het vroeër gesê die nuwe kredietregulasies wat in September 2015 in werking getree het, het ’n groot impak op kredietverkope gehad. Volgens hom is die impak sowat R297 miljoen.
Sowat 38% van verkope vind nou op krediet plaas vergeleke met 42% in 2015.
Die grootste daling in verkope was in Edgars, waar verkope met 10% gedaal het. Sy vergelykende verkope het met 12% gedaal.
Verkope in sy afslagwinkels Jet en JetMart het ook met 9% in die kwartaal gedaal.
“As ek na Edcon as onderneming kyk, so kompleks soos hy was, reken ek ek kan ’n verskil maak. Ons weet ons het ’n plan wat sal werk en ons kan die skip omdraai.” – Netwerk24/Bloomberg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie