Regsake vir boere
Herverdelingsooreenkoms en boedels
Marinda Coleman - ’n Herverdelingsooreenkoms is nuttig vir die administrasie van testate en intestate boedels om bates onder begunstigdes te verdeel en te herversprei.
Ek verduidelik deur twee voorbeelde.
In die eerste voorbeeld erf drie kinders die boedel van hul laaste oorlewende ouer in gelyke dele. Dit bestaan uit ’n huis, ’n vakansiehuis en kontant.
Daar is ’n testament, maar dit spesifiseer nie watter bates aan watter begunstigdes nagelaat word nie. Die testament sê slegs die erflater bemaak sy of haar boedel aan sy of haar drie kinders, persoon A, B en C, in gelyke dele.
Sou die drie kinders nie ’n herverdelingsooreenkoms aangaan nie, sal elk van hulle ’n derde van die bates erf.
Met ander woorde die huis ter waarde van N$2 miljoen sal in gelyke dele deur persone A, B en C besit word. Dieselfde geld die vakansiehuis van sê maar N$1 miljoen en die kontant van sê maar N$3 miljoen.
Die netto waarde van die boedel is dus N$6 miljoen. Dus erf elk van die begunstigdes bates ter waarde van N$2 miljoen, maar hulle is mede-eienaars van die twee vaste bates.
Met ’n herverdelingsooreenkoms kan dit egter byvoorbeeld soos volg werk: Die drie begunstigdes kan die boedel só opdeel dat een kind die huis ter waarde van N$2 miljoen ontvang, die ander die vakansiehuis ter waarde van N$1 miljoen, asook nog N$1 miljoen in kontant en die derde N$2 miljoen in kontant. Dus erf elke begunstigde in totaal bates ter waarde van N$2 miljoen.
Al herrangskik die begunstigdes die bates, moet elkeen ’n deel ontvang wat gelyk is aan sy erflating volgens die testament of in terme van sy of haar aandeel volgens die wette van intestate erfreg.
Nog ’n voorbeeld is as daar byvoorbeeld drie begunstigdes van ’n boedel is, maar persoon A erf die helfte daarvan, terwyl persoon B en C elk net ’n kwart erf.
Die bates in dié boedel kan byvoorbeeld insluit ’n plaas ter waarde van N$6 miljoen, ’n huis van N$2 miljoen en kontant van N$1 miljoen. Die netto waarde van dié boedel is dus N$9 miljoen.
Die drie begunstigdes gaan dan ’n herverdelingsooreenkoms aan waar persoon A die plaas erf, wat N$6 miljoen werd is. Volgens die testament moes hy egter net 50% van die boedel, of N$4,5 miljoen erf. Dus erf hy N$1,5 miljoen te veel, wat hy in die boedel sal moet inbetaal.
Persoon B erf die huis van N$2 miljoen, plus N$250 000 se kontant, wat beteken in totaal het hy N$2,25 miljoen geërf. Persoon C erf N$2,25 miljoen se kontant.
Die N$1,5 miljoen se kontant wat deur persoon A in die boedel inbetaal is, gaan dan aan die ander erfgename - naamlik N$250 000 aan persoon B, en N$2,25 miljoen aan persoon C – ongeag die feit dat daar aanvanklik net N$1 miljoen se kontant in die boedel was.
Hierdie tweede punt illustreer dat ’n begunstigde wel ’n bate mag erf wat meer werd is as wat hy of sy volgens die testament moes kry. Dan moet hy egter die verskil in die boedel inbetaal en dit moet gelyk wees aan die waarde wat die bate sy erflating oorskry.
Een laaste punt wat mense moet onthou as dit by plase kom: As twee begunstigdes ’n plaas saam wil erf, sal hulle aansoek vir goedkeuring by die ministerie van landbou moet doen omdat ons wetgewing stipuleer dat ’n plaas net een eienaar kan hê – mits die minister toestemming tot gesamentlike eienaarskap gee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie