Regsgeding oor grond duur voort

Die regering en president beweer 'n verstandhouding is met die AR in Julie 2015 bereik, maar dat dit was nie 'n ooreenkoms of wetlik afdwingbaar is nie.
Yandi Du Plessis
Marc Springer



Die regering bly vasberade dat 'n regsgeding, waardeur die Affirmative Repositioning (AR) hom probeer dwing om 200 000 erwe landswyd te bedien, geen regsgrondslag het nie en dat dit van die hand gewys moet word.

Die regering en president het eksepsie teen die AR se eis aangeteken. Hulle het gesê die eis is “vaag en 'n verleentheid”, maar die hoërhof het die aansoek van die hand gewys.

Die respondente voer aan die verstandhouding wat op 24 Julie 2015 by Staatshuis bereik is tussen die klaers, wat deur dr. Job Amupanda verteenwoordig is, en die respondent deur president Hage Geingob, was nie 'n ooreenkoms nie, maar hou verband met beleidsaangeleenthede wat onafdwingbaar was.

Die beweerde ooreenkoms plaas dus geen kontraktuele verpligtinge op die verweerders wat deur 'n hof afgedwing kan word nie.

Die applikante, wat deur mnr. Kadhila Amoomo verteenwoordig word, het gesê hulle het op dié ooreenkoms staatgemaak. Volgens hom het hulle onderneem om nie met hul voorgenome radikale aksieprogram voort te gaan om onbesette grond in stedelike gebiede te beset nie, in ruil dat die regering binne die volgende vyf jaar 200 000 erwe moet bedien.

Hulle voer aan die regering het kon­trakbreuk gepleeg deur slegs 15 000 erwe te bedien, in plaas van die beloofde 200 000.

Die eisers het geen ander keuse gehad nie as om die hof te nader om die respondente te dwing om die ooreenkoms te eerbiedig.



ONWETTIGE GRONDBESETTING

Die regering en president het die argument verwerp en daarop gewys dat dit vir die AR “onwettig” sou wees om onbesette grond in stedelike gebiede te beset, aangesien sulke grond behoort aan die plaaslike owerheid in die gebied waarin dit geleë is.

As sodanig was die bedreiging om grond te beset teen openbare beleid en die grondwetlike beginsel van die oppergesag van die reg.

Op grond hiervan, aldus die respondente, het die beweerde kontrak waarop die eisers staatmaak, nie aanleiding gegee tot enige wedersydse verpligtinge van die kant van die respondente nie en het die regering nie verplig om die ooreenkoms, wat na bewering in Julie 2015 aangegaan is, na te kom nie.

Hoërhofregter Orben Sibeya het in Februarie die aansoek om eksepsie van die hand gewys en voer aan die hof moes die feite wat deur die klaers beweer word as korrek aanvaar.

Nou het die verweerders verlof tot appèl teen die uitspraak by die hooggeregshof ingedien en beweer die regter het 'n regsfout begaan.

In hofstukke wat deur die respondente se prokureurs Neliswa Tjahikika en Dennis Khama ingedien is, voer hulle aan die term “radikale optrede” kan inderdaad na onwettige gedrag of na 'n misdaad verwys.

In hierdie interpretasie sou die bedreiging om grond te beset teen die openbare beleid wees en sou die kontrak waarop die aansoekers steun, onafdwingbaar maak. Dit sal ook die hof noodsaak om enige reëling wat in 2015 bereik is, nietig te verklaar.

Die aansoek om verlof tot appèl moes Maandag hanteer word, maar is tot 1 Julie uitgestel.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 16° | 36° Rundu: 18° | 37° Eenhana: 20° | 38° Oshakati: 21° | 37° Ruacana: 20° | 38° Tsumeb: 21° | 35° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 22° | 37° Windhoek: 19° | 34° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:48, High tide: 09:42, Low Tide: 16:12, High tide: 22:29 Swakopmund: 14° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:46, High tide: 09:40, Low Tide: 16:10, High tide: 22:27 Walvis Bay: 15° | 28° Wind speed: 39km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:46, High tide: 09:39, Low Tide: 16:10, High tide: 22:26 Rehoboth: 19° | 35° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 29° Ariamsvlei: 24° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 20° | 37° Lubumbashi: 18° | 32° Mbabane: 16° | 32° Maseru: 16° | 33° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 20° | 30° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 19° | 34° Cape Town: 14° | 23° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 20° | 33° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 19° | 31° Harare: 16° | 29° #N/A #N/A