Regsgeding teen fonds misluk
Die hooggeregshof het beslis dat die beperkings op uitbetalings van skadevergoedingseise van padongelukslagoffers nie ongrondwetlik is nie.
Jacqueline Louw
Drie hooggeregshofregters het vroeër die maand uitspraak gelewer in 'n saak waar die perk op die uitbetalings van die Padongelukfonds (MVAF) betwis is. Dié uitspraak het op die appèlaansoek van 'n jong man wat ernstige beserings in 'n padongeluk opgedoen het, gevolg.
Mnr. Alfred Visser, wat op die ouderdom van 16 jaar erg beseer is in 'n motorfietsongeluk en sy sig verloor het, het teen 'n hoërhof-uitspraak geappelleer, waarin bevind is dat hy nie aanspraak kan maak op meer as die maksimum wat die MVAF vir skadevergoedingseise betaal nie.
Visser, wat na bewering skade en verliese van meer as N$9 miljoen gely het as gevolg van sy beserings in 'n motorfietsongeluk, het die grondwetlikheid van beperkings van eise teen die MVAF, wat in 2003 ingestel is, bevraagteken.
In 'n ongeluk op 28 November 2004 wat deur die nalatigheid van 'n Duitse burger veroorsaak is, het Visser ernstige beserings opgedoen wat hom blind gelaat het. As gevolg van die beperkings op die aanspreeklikheid van die MVAF het hy hom na die hoërhof gewend om die beperkings op MVAF-uitbetalings wat die Wet op Padongelukkefondse bepaal, ongrondwetlik te verklaar. Die hoërhof het egter hierdie grondwetlike uitdaging teen artikel 10(2) van die Wet op Padongelukkefondse van die hand gewys. Visser het hom toe na die hooggeregshof gewend.
Volgens getuienis deur die minister van finansies gedurende die verhoor, is die MVAF se inkomste nie genoeg om alle eisers ten volle te vergoed nie.
“Dit was 'n beleidsbesluit van die minister van finansies om eerder vir 'n groter aantal eisers voorsiening te maak as om die fonds uit te put vir 'n klein aantal groot eise (wat meestal deur meer gegoede eisers ingestel word) en die meerderheid eisers sonder enige vergoeding te laat,” het regter Frank in sy uitspraak verduidelik.
In die hooggeregshofuitspraak het waarnemende regter Theo Frank gesê daar is beperkinge op die eise wat teen die MVAF ingestel word omdat dit nie oor onbeperkte bronne beskik nie en 'n besluit geneem moes word oor hoe die beskikbare fondse toegeken sal word.
Hy het verder gesê dat in gevalle waar 'n slagoffer se verliese en skade meer as die vergoeding van die MVAF is, hierdie ekstra bedrag van die persoon wat die ongeluk veroorsaak het, verhaal kan word.
Regter Frank het gevolglik die appèl met koste van die hand gewys. Adjunkhoofregter Petrus Damaseb en appèlregter Elton Hoff het saam met regter Frank se beslissing gestem.
Visser is deur senior advokaat Raymond Heathcote en adv. Jesse Schickerling verteenwoordig. Mnr. Nixon Marcus het namens die minister van finansies en die prokureur-generaal opgetree en senior advokaat Nazeer Cassim en adv. Unanisa Hengari namens die MVAF.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie