Regsgeleerdes wil keer dat Mueller Trump ondervra
Pres. Donald Trump van Amerika se geneigdheid om kluitjies te bak, bekommer sy regspan.
Verskeie van pres. Donald Trump van Amerika se regsgeleerdes het aanbeveel dat hy nie ‘n onderhoud met die spesiale ondersoekbeampte na moontlike sameswering tussen Rusland en Trump se verkiesingsveldtog, Robert Mueller, toestaan nie, berig die New York Times.
Volgens die koerant het vier mense met kennis oor die aangeleentheid, gesê die regsgeleerdes is bekommerd oor Trump se geneigdheid om valse en teenstrydige stellings te maak.
Indien hy dit doen, kan hy deur die ondersoekbeamptes van leuens aangekla word.
Trump het gesê hy is bereid om onder eed deur Mueller ondervra te word.
“Ek sien eintlik uit daarna,” het hy verlede maand aan verslaggewers gesê.
‘n Bron het aan Reuters gesê geen besluit is al geneem oor of Trump ‘n onderhoud sal toestaan nie.
Trump ontken sameswering met Moskou en verwerp die ondersoek as ‘n “heksejag”.
Indien die president weier om ‘n onderhoud aan Mueller toe te staan, kan Mueller hom dagvaar om voor die hof te getuig.
‘n Dagvaarding kan tot ‘n hofstryd lei wat uiteindelik deur die hooggeregshof besleg sal moet word.
John Dowd en Jay Sekulow, wat aan die hoof van die span regsgeleerdes staan wat Trump van regsadvies bedien, wil hê die president moet ‘n onderhoud weier, berig die New York Times.
Van Trump se raadgewers, asook sy regspan, meen Mueller kan onwillig wees om die president te dagvaar en dit kan ‘n regstreekse konfrontasie met die Withuis uitlok.
Ty Cobb, ‘n regsgeleerde wat in Julie aangestel is om die Withuis se reaksie op die Rusland-ondersoek te behartig, is ten gunste van samewerking met Mueller, berig die koerant. – Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie