Regstudente aangemoedig
Maria Eiseb
Die JP Karuaihe-trustfonds het onlangs 'n mediakonferensie in die hoofstad gehou waar die vorige begunstigdes van die trust en alumni, saam met die hoofborg, Dr Weder, Kauta & Hoveka, 'n skenking van sowat N$85 000 aan die trust gemaak het.
Dié geld sal aangewend word om nuwe begunstigdes by die trust te voeg.
By dieselfde geleentheid is die nuwe voorsitter, me. Patty Karuaihe-Martin, bekend gestel. Sy neem die leisels by mnr. Mbakumua Hengari oor.
Hengari sal steeds as 'n trustee aanbly. Me. Magano Erkana, direkteur van Dr Weder, Kauta & Hoveka, is ook voorgestel as 'n nuwe trustee wat die hoofborg verteenwoordig.
Borge
Borge sluit onder meer in mnr. Mbushandje Ntinda, 'n direkteur van die Sisa Namandje-regsfirma en trustee van die JP Karuaihe-trust (N$10 000), mnr. Joshua Kaumbi, eienaar van Joshua Kaumbi & Associates (N$10 000), mnr. Hitjiua Tjiho, 'n regsadviseur betrokke by die Namibiese Kompetisiekommissie (N$10 000), me. Pewah Ndemuweda, 'n senior regsverteenwoordiger by die ministerie van verdediging (N$5 000) en me. Nangosora Tjipitua, direkteur by die Namibiese Kompetisiekommissie (N$10 000).
Die JP Karuaihe-trustfonds bestaan al die afgelope 18 jaar en het reeds byna 50 regstudente se studies gefinansier.
begunstigdes
Al die begunstigdes is nou verantwoordelike en suksesvolle lede van die regswêreld, het Hengari by die oorhandiging gesê.
Volgens hom is die begunstigdes in 'n posisie om die trust op hul beurt ook te ondersteun sodat meer studente se droom van 'n regsloopbaan vervul kan word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie