Regstudente en -praktisyns word vereer
Die beste finalejaar LLB- en JTC-student is by die toekennigseremonie vereer, sowel as twee regspraktisyns vir hul werk in verband met maatskaplike verantwoordelikheid en menseregte.
Kristien Kruger – Uitblinker-regstudente en toegewyde regspraktisyns is onlangs beloon vir hul uitmuntende werk en bydrae tot die land se regstelsel tydens die Judge JP Karuaihe Trust (JPK) se 15de jaarlikse Regsuitnemendheid-toekenningseremonie.
Die JPK Trust, in samewerking met die Regsvereniging van Namibië (LSN), identifiseer verdienstelike wenners vir die “regsuitnemendheidstoekennings” in die strewe om erkenning te gee aan regspraktisyns wat die oppergesag van die reg in Namibië versterk en beskerm en hul maatskaplike verantwoordelikhede nakom.
Volgens 'n nuusverklaring het die LSN die name van die topstudent van sowel die Justice Training Centre (JTC) as die Universiteit van Namibië (Unam) ontvang.
Die pryswenner as die beste JTC-student vir 2020 was me. Dandago Dibasen !Gaoses, wat 'n gemiddeld van 85.95% in haar elf vakke behaal het. Sy het 'n koopbewys ten bedrae van N$3 500 ontvang.
Me. Svenja Gerstner het die toekenning vir beste finalejaar LLB-student losgeslaan, met 'n gemiddeld van 73.8%. Sy is met 'n koopbewys vir N$2 500 beloon.
MENSEREGTE
“Met betrekking tot die toekennings vir menseregte en maatskaplike verantwoordelikheid dra talle LSN-lede by tot die samelewing, maar hulle 'adverteer' nie altyd hul goeie dade nie. Daarom het die LSN nominasies van sy lede vir die toekennings gevra,” lui die verklaring.
Die maatskaplike verantwoordelikheidstoekenning is aan Metcalfe Beukes Attorneys toegeken en mnr. Florian Beukes het die toekenning namens die regspraktyk ontvang.
Die toekenning vir menseregte is namens Katjaerua Legal Practitioners deur me. Esme Katjaerua in ontvangs geneem.
VIER NUWE RAADSLEDE VIR LSN AANGEWYS
Die LSN het by sy jaarvergadering einde November vier nuwe raadslede vir die termyn 2021 tot 2023 aangewys.
Die nuwe lede is mnr. Clive Kavendjii, me. Suné de Klerk, me. Josefina Nekongo en dr. Ndatega Asheela-Shikalepo.
Kavendjii dien ook as die adjunkvoorsitter van die raad.
LSN-raadslede wat steeds vir die termyn 2020 tot 2022 dien, is mnr. Heinrich Jansen van Vuuren (voorsitter), me. Ester Kuugongelwa, mnre. Pius Iikwambi en Matti Mwandingi.
– [email protected]
FOTO’s
Die pryswenners by die jaarlikse seremonie. Agter van links: Pius Iikwambi (LSN-raadslid), Ngamane Karuaihe-Upi, Umbi Karuaihe-Upi & Vicky Ya-Toivo (verteenwoordigers van die JPK Trust), Ester Kuugongelwa (LSN-raadslid), Elsa Porfirio (LSN-bestuurder) en Jo-mari Koekemoer (LSN se adjunkvoorsitter 2020/21). Voor: Dandago Dibasen !Gaoses (Beste JTC-student 2020), Svenja Gerstner (Beste finalejaar LLB-student 2020), Esme Katjaerua (Menseregte-toekenning) en Florian Beukes (maatskaplike verantwoordelikheidstoekenning). Foto verskaf
Die LSN-raadslede. Van links is mnre. Heinrich Jansen van Vuuren (voorsitter), Pius Iikwambi, me. Suné de Klerk, me. Ester Kuugongelwa, mnr. Clive Kavendjii (adjunkvoorsitter), me. Josefina Nekongo en dr. Ndatega Asheela-Shikalepo. Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie