Regter beslis teen Assange se uitlewering
Regter beslis teen Assange se uitlewering

Regter beslis teen Assange se uitlewering

Francoise Steynberg
’n Britse regter het Maandag beslis dat Julian Assange, stigter van WikiLeaks, nie aan Amerika uitgelewer moet word nie.

Vrese dat Assange (49) sy eie lewe kan neem, is as rede hiervoor deur regter Vanessa Baraitser in Londen se Old Bailey-hof aangevoer.

Die Amerikaanse owerheid se uitleweringsversoek spruit uit aantygings dat Assange die land se intelligensiewet oortree het, asook saamgesweer het om geheime Amerikaanse dokumente te bekom deur die regering se rekenaars binne te dring.

Dié Australiese boorling word deur 18 klagte in die gesig gestaar wat verband hou met WikiLeaks se publisering van vertroulike Amerikaanse militêre en diplomatieke inligting, wat volgens hulle lewens in gevaar gestel het.

Sy prokureurs het aangevoer die hele vervolging is polities gedrewe en word deur pres. Donald Trump van Amerika gedryf. Hulle het ook betoog sy uitlewering sal ’n bedreiging vir die werk van joernaliste inhou.

Hoewel Baraitser bykans al Assange se regspan se argumente verwerp het, het sy gesê sy kan nie die uitleweringsaansoek goedkeur nie omdat daar ’n groot risiko is dat hy sy eie lewe kan neem.

“Ek is tevrede met die prosedures (soos uiteengesit deur die Amerikaanse owerhede), maar nie oortuig dat dit mnr. Assange sal verhoed om sy eie lewe te probeer neem nie,” het sy gesê. – Reuters/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!