Regter Nic Hannah sterf
Ronelle Rademeyer - Een van Namibië se bekendste regters en mees vooraanstaande juriste gedurende sy tyd op die regbank, is Donderdagaand ná ‘n kort siekbed in ‘n Windhoekse hospitaal dood.
Afgetrede regter Nic Hannah sou môre 77 geword het. Sy dood volg sowat twee maande ná die van sy vrou, adv. Anne-Marie Engelbrecht (60). Hulle het op Swakopmund gewoon.
Hannah is in 1991 as regter in die hoërhof aangestel en het 15 jaar op die regbank gedien voor hy in 2006 afgetree het en hom saam met sy vrou op Hentiesbaai gaan vestig het.
Sy dogter, me. Jacquie Lohmann, het gister aan Republikein vertel haar pa het op 13 November geval en ‘n gebreekte rib het sy long beskadig. Hy is later per ambulans van Swakopmund af na die Katolieke hospitaal in Windhoek oorgeplaas waar hy op 7 Desember ‘n operasie ondergaan het. Hoewel die operasie goed verloop het, het sy toestand twee dae later versleg toe hy ‘n sekondêre infeksie opgedoen het.
“Ek is so dankbaar ek kon in sy laaste dae by hom wees en sy hand vashou,” sê Lohmann. Haar twee broers, Jeremy en Alexander, wat in Zurich en Londen woon, het Hannah in November besoek en het Vrydag, enkele ure ná sy dood, in die land aangekom met die doel om Kersfees saam met hom deur te bring.
Adv. Andrew Corbett (SC), hoof van die Vereniging vir Advokate in Namibië, sê Hannah het met sy fyn begrip van die reg ‘n hoë standaard gestel.
“Hy het die vermoë gehad om deur ’n moeras van feite die sleutelkwessies in hofbeslissings na vore te bring. Hy het die beste kwaliteite van ‘n regter geopenbaar – hy was ‘n onafhanklike denker, vreesloos en onpartydig,” sê Corbett. “Sy bydrae tot die reg in Namibië en Suider-Afrika is onuitwisbaar.”
Hoofregter Peter Shivute het op sy beurt gesê Hannah het die regbank “met toewyding en onderskeiding gedien”.
“Hy en sy pionierkollegas het in ‘n ná-onafhanklike Namibië die sterk grondslag gelê waarop ons juristiese waardes vandag gegrond is,” sê Shivute.
Hannah is in 1964 tot die balie in Engeland toegelaat. Hy is later aangestel as ‘n regter van die hoërhof in Botswana en toe as hoofregter in Swaziland voordat hy hom by die regbank in Namibië aangesluit het.
Hy laat, benewens sy drie kinders, ook twee kleinseuns, Cameron (16) en Charles (11), agter.
Hannah sal in Januarie begrawe word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie