Regter roskam ‘homofobiese’ ministerie
Die regter het gesê dit is “uiters onregverdig” om burgerskap aan ‘n kind te weier “weens die aard of omstandighede van hul geboorte, of hul ouers se seksuele oriëntasie”.
Jana-Mari Smith – Hoërhofregter Thomas Masuku het die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit se “diskriminasie teen selfdegeslagpaartjies” veroordeel.
Toe hy in sy uitspraak burgerskap toegestaan het aan die Namibiese seun van ‘n selfdegeslagegpaar wat via surrogaatskap gebore is, het hy gesê: “Ek kan nie anders as om op te let dat die kwaadwillige gesindheid van diskriminasie blykbaar sy lelike kop in hierdie saak uitgesteek het nie. Dit moet afgekap word, soms sonder genade, omdat dit nie ooreenstem met die visie van die stigters en moeders van hierdie nasie nie – wat Namibië opgebou het as ‘n sekulêre staat, gegrond op die oppergesag van die reg en geregtigheid vir almal.”
Hy het ook gesê die oudminister van binnelandse sake, mnr. Frans Kapofi, se aandrang op ’n DNS-toets as bewys van ouerskap is “aangevuur of geïnspireer deur diskriminasie”.
Hy het bygevoeg “die minister het natuurlik ontken” dat diskriminasie ‘n rol in die saak gespeel het, maar “dit is soms dade, eerder as woorde, wat bepaal of daar diskriminasie is of nie”.
Masuku se kommentaar vorm deel van sy volledige uitspraak wat verlede Dinsdag uitgereik is ná sy geskiedkundige aankondiging wat die ministerie van binnelandse sake gedwing het om burgerskap aan die tweejarige seun van mnr. Phillip Lühl, ’n Namibiër, en sy Mexikaanse man, mnr. Guillermo Delgado, toe te staan.
Die regter het die ministerie gelas om die volledige koste van dié saak te dek, en opgemerk die “minister was onsuksesvol in sy opposisie en aanval”.
KERN VAN DIE SAAK
Masuku het gesê dit is “uiters onregverdig” om burgerskap aan ‘n kind te weier “weens die aard of omstandighede van hul geboorte, of hul ouers se seksuele oriëntasie”.
Hy het gesê die saak handel in wese oor ‘n kind en sy grondwetlike en menseregte.
“Dit is eintlik in die belang van die minderjarige kind om by sy ouers te woon en, soos verlang in hierdie geval, burgerskap op grond van die aansoeker se herkoms te verkry.”
Die regter het ook gewaarsku die standpunt wat Kapofi en sy ministerie ingeneem het, kan ‘n invloed hê op Namibiërs wie se kinders buite die land se grense gebore word, hetsy deur natuurlike geboorte of deur ander metodes.
Me. Uno Katjipuka-Sibolile van Nixon Marcus Public Law Office het die Delgado-Lühl-gesin verteenwoordig.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie