Regter stuit president Trump se reisverbod
Regter stuit president Trump se reisverbod

Regter stuit president Trump se reisverbod

'n Hof in Hawai het opnuut 'n reisverbod van Amerika se president stopgesit.
Estelle de Bruyn
Enkele ure voordat pres. Donald Trump se nuwe reisverbod in werking sou tree, het 'n fede­rale regter in Hawai 'n stokkie voor dié plan gesteek.

Dit is die nuutste slag teen die Trump-administrasie se pogings om vlugtelinge tydelik te verban, asook reisigers van ses lande wat oorwegend Moslem is. Trump het gesê dié verbod is nodig vir nasionale veiligheid.

Trump het te velde getrek teen die regter se beslissing en gesê “dit laat ons swak lyk”.

Die Amerikaanse president het die nuwe verbod op 6 Maart onderteken in 'n poging om regsprobleme te oorkom van 'n uitvoerende bevel in Januarie wat chaos by lughawens en betogings veroorsaak het, voordat 'n regter van Washington die verbod in Februarie gestuit het.

Regter Derrick Watson het die nuwe bevel stopgesit in reaksie op 'n hofgeding deur die staat van Hawai wat aangevoer het die bevel diskrimineer teen Moslems, wat op sy beurt 'n skending van die Amerikaanse grondwet is.

Watson het in sy beslissing tot die gevolgtrekking gekom dat die verbod uitgereik is met die doel om 'n sekere geloof af te keur.

Trump het sy hersiende bevel 'n “afgewaterde weergawe” van die eerste bevel genoem. “Ek dink ons moet teruggaan na die eerste een en voluit, soos ek wou doen in die eerste plek.”

Die departement van justisie het die regter se beslissing “gebrekkig in redenasie en in omvang,” genoem en bygevoeg dat die president groot gesag in nasionale veiligheids­kwessies het.

Die land se hoogste hof is tans gelykop 4-4 verdeel tussen die liberales en konserwatiewes.

- Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!