Regulasies verander radikaal
Die staatshoof sê ’n noodtoestand bly op die tafel sou Namibiërs nie gehoor gee aan regulasies om die pandemie te bestry nie.
Denver Kisting – Die enigste manier om ’n tweede golf van Covid-19-infeksies te verhoed, is as Namibiërs by regulasies hou en persoonlike verantwoordelikheid aanvaar vir hulle en ander se gesondheid.
Só het pres. Hage Geingob gister by Staatshuis gesê toe hy die regering se voortgesette strategie bekend gemaak het om die verdere verspreiding van die virus hok te slaan.
Alle reisigers, insluitend toeriste, wat die land binnekom met ’n negatiewe Covid-19-toets wat nie ouer as 72 uur is nie, mag voortaan ongehinderd na hul eindbestemming reis.
Enigiemand wat die land binnekom met ’n negatiewe Covid-toets wat ouer as 72 uur maar nie ouer as sewe dae is nie, moet egter aan sewe dae se kwarantyn onder toesig onderwerp word.
Tuiskwarantyn is geoorloof mits die gesondheidsowerhede die tuiste goedkeur.
Sou iemand se huis nie geskik geag word vir kwarantyn nie, moet die persoon op eie koste op ’n goedgekeurde plek die sewe dag lange kwarantyntydperk deurbring.
Toeriste mag by ’n toerismebestemming hul kwarantyntydperk deurbring.
Nie-Namibiërs wat nie oor ’n negatiewe Covid-19-toets beskik nie, sal nie die land mag binnekom nie.
Namibiërs wat óf met positiewe Covid-19-uitslae óf met geen uitslae die land binnekom, sal aan verpligte kwarantyn en toetsing onderwerp word.
Die aantal mense per openbare saamtrek is van die vorige 50 na 200 mense verhoog, het Geingob aangekondig.
Alle beperkings op die aantal mense wat van openbare of private vervoer gebruik maak, is sedert vandag opgehef.
Dit beteken dat voertuie se volle kapasiteit vervolgens benut mag word.
Me. Yvonne Dausab, die minister van justisie, het gesê die verwagting is dat openbare vervoertariewe dienooreenkomstig aangepas sal word.
Pres. Geingob het gesê dié nuwe regulasies geld tot 30 November.
Op ’n vraag van Republikein oor of dié perk ten doel het om politieke partye te help met hul verkiesingsveldtogte het die staatshoof toegegee, dit sou dié proses “gesaboteer het” indien die veldtogte en verkiesings op 25 November onder die vorige beperkinge geskied het.
Dít kom nadat die vorige bedeling gister om middernag ten einde geloop het.
Tydens die aankondiging gistermiddag het Geingob voorts gesê in ooreenstemming met die Afrika-unie (AU) se “Saving lives, economies and livelihoods”-veldtog sal die heropening van landsgrense op ’n wederkerige wyse geharmoniseer word.
Mense wat weens Covid-19 of -verwante oorsake sterf, sal steeds kragtens die vorige regulasies begrawe word.
Luidens dié bepalings mag slegs tien mense so ’n begrafnis bywoon.
Volgens Dausab is dit ’n oortreding om, wanneer ’n mens tekens of simptome van die siekte het, nie jouself te laat toets nie.
Daarnaas bly die verspreiding van fopnuus ’n oortreding, het sy gemaan.
Dit is eweneens ’n strafregtelike oortreding om ’n kwarantyngerief sonder verlof te verlaat of ongeoorloofde gaste te ontvang, is ook ’n oortreding, het Dausab gesê.
Dieselfde geld vir wanneer iemand verkeerde inligting op ’n register verstrek, sê sy.
Geingob het kommer uitgespreek oor die aantal stygende infeksies in skole, polisieselle en korrektiewe instellings.
Daarnaas is hy ook bekommerd oor Namibiërs se alkoholgebruik, sê hy.
Die nuwe bedeling maak egter nie voorsiening vir ’n veranderde hantering van alkoholverkope nie. - [email protected]
‘NAMIBIë IS REG VIR DIE WêRELD’
Francoise Steynberg - “Namibië is reg vir die wêreld,” het die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), me. Gitta Paetzold, oor die verslapte toerismeregulasies gesê.
“Ons leiers het bewys dat die belangrikheid van die toerismesektor spesiale aandag verdien, ondanks die risiko’s wat daarmee gepaard mag gaan.”
Paetzold is trots op die goeie spanwerk en oop dialoog wat die toerismebedryf deurgaans met owerhede kon voer wat uiteindelik tot dié resultaat gelei het.
“Gehoor is aan byna al ons versoeke gegee en die platform vir toerismeherlewing is hiermee in plek gesit. Nou is die verantwoordelikheid weer in die toerismebedryf se hande om 'n sukses daarvan te maak.”
Me. Tanja Dahl van die Namibië Professionele Jagtersvereniging (Napha), sê die land se toerismesektor is georganiseerd en goed gestruktureerd.
“As trotse Namibiërs kan ons aan die wêreld bewys dat ons ’n topbestemming is en ons gaste op ’n verantwoordelike manier verwelkom,” het sy gesê.
Die voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, sê baie harde werk is in “vandag se suksesverhaal belê”.
Sy is dankbaar dat die regering ’n gunstige omgewing vir die toerismesektor verseker het om te herleef en die ekonomie weer te laat blom.
Me. Nathaly Ahrens van die Toer- en Safarivereniging (Tasa), het gesê die toerismesektor is verlig dat Namibië uiteindelik weer oop is.
“Toerismesyfers gaan nie aansienlik groei nie, maar ten minste kan ons weer sake doen. Hierdie nuus saam met die feit dat Namibië van die lys van hoërisikolande van Duitsland, Oostenryk en Switserland verwyder is, is fantasties.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie