u2018Regverdige grondwetu2019 in Zim gesoek
u2018Regverdige grondwetu2019 in Zim gesoek

‘Regverdige grondwet’ in Zim gesoek

’n Klein groepie politieke en militêre elite is steeds met selfverryking besig.
Zimbabwiërs wat dekades lank deur ’n militêre regering onderdruk is, wil ’n grondwet hê waarin geregtigheid uiteindelik kan seëvier.

Dit is die gevolgtrekking van dr. Braam Hanekom, direkteur van die sentrum vir publieke getuienis en oudmoderator van die NG Kerk-sinode van Wes-Kaapland, en Llewellyn MacMaster, moderator van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Kaapland, oor Zimbabwe se verswakkende ekonomiese en politieke situasie.

Hulle het pas van Zimbabwe teruggekeer waar hulle met onder andere regsgeleerdes, organisasies sonder winsbejag soos Zimbabwe Lawyers for Human Rights (ZLFHR), die Counselling Services Unit (CSU), akademici, oudparlementslede en kerklui wat pastoor Evan Mawarire insluit, gepraat het.

In ’n verklaring sê hulle alle aanduidings is dat die land de facto in die hande van ’n militêre regering is, wat gepaardgaan met menseregtevergrype.

ZLFHR rapporteer dat hulle die afgelope maand meer as 900 politieke gevangenes ondersteun het.

Altesaam 359 slagoffers is volgens CSU met stokke, ysterstawe en geweerkolwe geslaan of verkrag. Die Zimbabwe Human Rights Forum het 15 moorde wat deur veiligheidsmagte uitgevoer is en 26 ontvoerings aangemeld.

Die aanduidings is dat pres. Emmerson Mnangagwa, adj.pres. Constantino Chiwenga en ander militêre en regeringsleiers betrokke was.

Senior offisiere het steeds ’n reusehouvas op die land. ’n Klein groepie politieke en militêre elite is steeds met selfverryking besig.

Selfs jong offisiere in die sogenaamde G40-groep woon glo in van die mees luukse wonings denkbaar.

IDEOLOGIESE VERSKILLE

Hulle meen daar is ernstige konflik in Zanu-PF, asook ideologiese verskille tussen ouer en ’n jonger geslag Zimbabwiërs.

“Dis asof Zanu-PF die volk verloor het.”

Daar is ’n interne stryd oor die beheer van kontantreserwes, insluitend die Zimbabwiese “bonds” en Amerikaanse dollars, asook kommoditeite soos goud, diamante, platinum en die invoer en beheer van petroleum en olie.

Die verswakkende situasie van die obligasies wat petrolpryse en broodpryse die hoogte laat inskiet het, het mense woedend.

“Met ons onderhoude het ons besef ekonomiese stabiliteit is noodsaaklik. Dit behels ’n reddingsboei van US$5 miljard wat onder streng voorwaardes en internasionale monitering gebruik moet word,” sê Hanekom.

’n Nuwe nasionale oorgangsgesag word bepleit.

“Zanu-PF, wat in die moeilikheid is, sal nie ten gunste hiervan wees nie, maar die toksiese verhouding tussen elemente in die weermag en Zanu-PF is nie volhoubaar nie.

“Zimbabwe is lankal nie meer ’n demokrasie nie. Regsgeleerdes praat van misdade teen die mensdom wat so ver teruggaan as 1983. Die grondwet wat in 2013 deur 90% van die bevolking aanvaar is, is nog nie geïmplementeer nie, maar is dringend noodsaaklik.

INTERNASIONALE MEDIASIE

“Internasionale mediasie en druk is nodig. Amnestie en versekering dat die Internasionale Strafhof nie op senior regeringslui sal toeslaan nie, is dalk van belang, anders sal almal tot die einde veg.

In Bulawayo is feitlik alle winkels geplunder en vernietig ná ’n aanvanklike opstand teen Zanu-PF-winkeleienaars.

“Ons bepleit ingryping deur die aartsbiskop in Kaapstad, die SACC, die National Church Leaders Consultation, die Suid-Afrikaanse regering en internasionale regerings.

“Druk alleen sal onsuksesvol in ’n militêre situasie wees. Dis dringend noodsaaklik om onderhandelaars te gebruik wat nie die regering omver wil werp nie, maar deur nugterheid ’n wen-wen-situasie skep."

Hanekom-hulle meen tradisionele opposisiepolitiek gaan nie werk nie, maar dit is verblydend dat Mnangagwa met Nelson Chamisa van die MDC wil praat.

Suid-Afrika moet lesse uit Zimbabwe se situasie leer, en dit gaan oor veel meer as grond en plase.

“Oudpres. Robert Mugabe het die grondkwessie gebruik om sy kwynende politieke steun te herwin, wat baie soortgelyk is aan die situasie in Suid-Afrika.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!