Rehabilitasiesentrum fokus op nek en rug
Volgens die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste is die rehabilitasiesentrum 'n simbool van hoe die private sektor kan help om gemeenskappe te ontwikkel waarin 'n gesonde leefstyl voorkeur kry.
Namibia Health Risk Solutions (NHRS) se rug- en nekrehabilitasiesentrum, die eerste van sy soort in Namibië, is amptelik in Windhoek geopen.
Die sentrum bied danksy gespesialiseerde toerusting 'n uitkoms aan Namibiërs wat sukkel met chroniese rug- en nekpyn.
Dit is amptelik deur die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Juliet Kavetuna, geopen. Sy het gesê toenemende toegang tot kwaliteitgesondheidsorg bly 'n ideaal waarna haar ministerie streef.
Volgens Kavetuna is die rehabilitasiesentrum 'n simbool van hoe die private sektor kan help om gemeenskappe te ontwikkel waarin 'n gesonde leefstyl voorkeur kry.
“Die sentrum gaan 'n integrale rol speel om ons te help om gesondheidsprobleme soos chroniese rug- en nektoestande te hanteer,” het Kavetuna gesê.
NHRS is 'n onderneming van Medscheme Holdings en sal rug- en nekbehandeling doen volgens protokol vir dokumentgebaseerde sorg (DBC). Laasgenoemde maak gebruik van DBC-masjiene en behandelingsmetodes wat meer as 30 jaar gelede in Finland ontwikkel is en mettertyd verbeter het.
'n Span dokters en fisioterapeute werk nou saam met 'n span biokinetici wat pasiënte op die gespesialiseerde DBC-toerusting sal behandel.
Danksy die bestuur van pyn en metodes gebaseer op oefeninge, ontwikkel pasiënte se kern en word pyn mettertyd sodoende verminder.
Fisioterapie verskaf pynverligting, terwyl biokinetika spiermobiliteit en krag ontwikkel wat op lang termyn met pynbestuur help.
Die kliniek is op die grondvloer langs die Omuramba-daghospitaal in Genl. Murtala Muhammedrylaan in Eros geleë. Die kontaknommer is 061 447 100.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie