Reho-moordenaar kry 30 jaar in tronk
Die 28-jarige Tuhafeni Thomas het verlede jaar sy Chinese werkgewer naby Rehoboth verskeie noodlottige meswonde toegedien.
Kristien Kruger
Die moordbeskuldigde Tuhafeni Thomas (28) is Woensdag in die hoërhof in Windhoek tot 30 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig op aanklag van moord gepleit het.
Thomas het skuldig gepleit op een klag van moord, een klag van diefstal met verswarende omstandighede en een klag van regsverydeling.
Regter Naomi Shivute het hom op die klag van moord tot 30 jaar gevangenisstraf gevonnis. Op die klag van diefstal en regsverydeling is hy onderskeidelik tot 10 en twee jaar gevonnis, wat gelyklopend met die effektiewe 30 jaar uitgedien sal word.
Thomas het in Mei 2019 naby Rehoboth sy Chinese werkgewer, Sun Yanhui (34), met 'n baksteen geslaan en hom verskeie kere noodlottig met 'n mes in sy kop, nek en rug gesteek. Hy het die oorledene se hande agter sy rug vasgemaak en 'n stuk materiaal in sy mond gedruk.
Yanhui se beursie, bankkaart en rybewys is in Thomas se besit gevind.
Thomas het hom glo vermoor ná 'n rusie tussen hom en Yanhui oor sy salaris.
Yanhui se vrou en twee kinders woon in China. Sy liggaam is veras en daarheen geneem.
VONNISOPLEGGING
In die staat se finale voorlegging het staatsaanklaer Ethel Ndlovu beweer die beskuldigde het geen rede gehad om die oorledene te vermoor nie. Volgens haar kon hy eenvoudig na die ministerie van arbeid toe gegaan het om die salariskwessie op te los.
Hoewel die verdediging aangevoer het Thomas is 'n eerste oortreder en dat hy skuldig gepleit het in ag geneem moet word in sy vonnisoplegging, het die staat beweer daar is te veel bewyse teen die beskuldigde en hy het geen ander keuse gehad as om skuldig te pleit nie.
Shivute het in haar vonnisoplegging gesê sy neem in ag dat hy 'n eerste oortreder is en dat hy onskuldig gepleit het, is rede tot strafversagting, maar die feit dat hy die moord met voorbedagte rade gepleeg het, is strafverswarend.
“Die wrede slagting van die oorledene wys dat die beskuldigde geen respek vir lewe het nie,” het Shivute gesê.
“Die beskuldigde het 'n familie van hul pa ontneem, wat die enigste broodwinner was. Hy het vir hulle groot hartseer en trauma veroorsaak.”
Shivute meen hoewel Thomas in die hof berou getoon het, was hy nie die oorledene genadig nie en verdien hy om uit die samelewing verwyder te word.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie