Reho-museum vier 31 jaar

Yochanaan Coetzee
Yochanaan Coetzee – Die Rehoboth-museum, wat in die destydse posmeestergebou gehuisves is, vier sy 31ste bestaansjaar en daar is groot planne om die volgende hoofstuk van sy geskiedenis met ywer aan te pak.

In 1984 het Rehoboth se plaaslike owerheid besluit om ’n museum te open om bewustheid te kweek oor die gebied se ryk geskiedenis en om aan besoekers die uniekheid daarvan uit te beeld.

“Dis iets waaroor ons baie passievol is en ons is bevoorreg om te sien hoe beïndruk mense is nadat hulle deur die museum gestap het,” sê me. Anzell Bayer, die museumbestuurder.

Die museum, wat beide toeriste en plaaslike inwoners lok, gaan binnekort ’n groot verandering ondergaan danksy ’n ooreenkoms met die nuwe bestuur van die Puma-diensstasie op die dorp.

Met dié hulp gaan die museum opgeknap word.’n Nuwe kafee en koffiekroeg in die lieflike binnehof sal help om geld te genereer en verder in die dorp se fasiliteite te belê.

“Hoe meer plekkies ons skep waar mense ontspanne kan kuier, hoe meer mense sal ons na ons dorp lok. Dit sal ook baie help met die instandhouding van die museum en die dek van uitgawes,” sê die voorsitter van die museum se bestuursraad, me. Vera Tune.

“Ons beplan om dit so interaktief en interessant as moontlik te maak deur op sekere dae tradisionele disse voor te berei en tradisionele drag aan te trek en selfs lewende uitstallings te hê waar ouer mense van verskillende gemeenskappe en kulture sal kom gesels oor hul geskiedenis, kultuur en erfenis. Besoekers aan die kafee moet weet hulle is by ’n museum!” sê sy.

“Ons wil graag sien hoe die museum uitbrei en onwikkel. In ’n stadium het daar sewe mense hier gewerk, maar tans is daar net een permanente werknemer asook een vrywilliger. Ons kom nie by al die werk nie. Dit is hoekom ons maniere wil vind om geld te genereer en werk in ons gemeenskap te skep,” voeg Bayer by. “Ons sou egter nie hierdie stap kon doen as dit nie was vir die ondersteuning van die diensstasie nie. Dit bewys net hoe verbind hulle daartoe is om die dorp te ontwikkel,” sê Tune.

“Dus moet die publiek op die uitkyk wees vir ons se nuwe aanwysingsbord langs die pad, want met al die planne wat ons het, sal jy nie ’n besoek aan ons museum en kafee wil mis nie.”

Met die gasvryheid wat Suiderland in ons kort tydjie daar geniet het, glo ons haar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!