Reho-oudonnie op borgtog vrygelaat
Reho-oudonnie op borgtog vrygelaat

Reho-oudonnie op borgtog vrygelaat

Denver Kisting
’n 69-jarige wat daarvan beskuldig word dat hy sy agtjarige dogtertjie verkrag het, is verlede week in die Rehoboth-landdroshof op borgtog van N$5000 vrygelaat.

Dít kom nadat hy etlike weke gelede op die Hardapdorp aangekeer is.

Me. Kandiwapa Nangombe, die landdros, het hom op borgtog vrygelaat onderworpe aan voorwaardes.

Sy het gelas hy mag nie met enige staatsgetuies kontak hê nie.

Daarnaas moes hy ook al sy reisdokumente indien, het mnr. Christopher Stanley, sy regsverteenwoordiger, by navraag bevestig.

Die man moes ook ’n ander tuiste vind, omdat sy vermeende slagoffer saam met sy vrou in hul huis woon, het Stanley gesê.

Die man moet weer vandag in die landdroshof verskyn.

Die staat is deur me. Hillia Munzenze verteenwoordig.

Die man se inhegtenisneming verlede maand het die klein Rehoboth-gemeenskap verdeel.

Hoewel talle, veral in die sosiale media teen hom uitvaar, tree baie ook vir hom in die bresse.

Sy aanvullende Wiskundeklasse, wat hy tuis aangebied het, was baie gewild.

Maar, sê Stanley, die man se reputasie het ’n erge knou gekry weens die bewerings wat hom in die gesig staar.

Die vermeende slagoffertjie is sy en sy tweede vrou se enigste kind saam.

Dié meisie is vanjaar in gr. 3 by ’n laerskool op Rehoboth.

Stanley het vroeër gesê sy kliënt ervaar erge gesondheidsuitdagings waarvoor hy minstens twee keer sedert sy inhegtenisneming mediese behandeling moes ontvang.

Sy identiteit word weerhou om dié van sy dogtertjie te beskerm.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!