Reho-sandmyn eis jong lewe
Augetto Graig - Onwettige sandmyne in die Oanabrivier het Sondag die lewe van die 15-jarige Fales Nghaanekwa geëis nadat hy in 'n diep gat verdrink het wat glo deur die uitgrawe en wegry van sand veroorsaak is.
Nghaanekwa was 'n graad 9-leerling van Rehoboth Hoërskool en 'n inwoner van Blok E. Hy het die namiddag saam met drie vriende gaan swem en omstreeks 17:00 het hulle hom sien sukkel.
“Hulle het na die seun se huis gehardloop om sy familie te roep,” het speurder Shalongo Thomas van die Namibiese polisie aan Nampa gesê.
Volgens hom was die liggaam byna drie ure in die water voordat die polisie dit kon uithaal.
Rehoboth se burgemeester, me. Christina Blaauw, het gister op die dorpsraadvergadering die oorsaak van die seun se dood aan sandmynaktiwiteite op die dorp gekoppel.
“Die raad moet ondersoek doen. Die gat was te diep. Iets moet hieraan gedoen word,” het sy gesê. Sy was nie bereid om die kwessie van onwettige sandmyne op die vergadering se agenda te plaas nie, "omdat dit nie volgens prosedure so gedoen word nie".
Die omstrede bestuurder van menslike hulpbronne op die dorp, mnr. Willie Swartz, was een wat geëis het dat die kwessie onmiddellik aandag kry. Volgens hom is die gate wat sandmyne in die rivier agterlaat so diep en nou so vol water dat twee of drie meer lewens geëis kan word voordat die volgende raadsvergadering, dalk eers in Maart, plaasvind.
“Ek het 'n geskrewe versoek gerig om oor Sondag se voorval hier te praat, omdat dit 'n openbare kwessie is en moontlik 'n krisis kan word as ons nie vandag iets daaraan doen nie,” het hy gesê.
Raadslid Lennie Pienaar sê die skuld lê by die dorp se administrasie wat niks doen om sandmyne te monitor of te bestuur nie. Hy sê voor Sondag het inwoners waarskuwings op Facebook geplaas dat mense hul kinders weg van die rivier moet hou weens die gate; nóg 'n funksie waarvoor die dorpsraad verantwoordelik moet wees.
Pienaar en sy mededorpsraadlede van die United Peoples Movement (UPM) het later woorde gewissel met die meerderheid Swapo-verteenwoordigers op die raad.
UPM beskuldig Swapo-lede daarvan dat hulle sonder ander besluite neem omdat Swapo-lede 'n kworum vorm. Pienaar het gesê UPM-lede onttrek hulle aan besluite wat by 'n vergadering op 20 Desember 2016 geneem is, waar nie een van hulle teenwoordig was nie.
Die hoof uitvoerende beampte, mnr. Christoph /Uirab, het ook besluite van dié vergadering bevraagteken, en wou duidelikheid hê oor die raadsbesluit wat hom persoonlik verantwoordelik maak vir die koste van 'n ondersoek wat die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling aangevra het.
MINISTER DAAG NIE OP
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, het op die nippertjie 'n besoek afgelas wat sy dié week aan die dorp sou bring.
Haar aanbevelings laat in 2016 aan die beleërde raad is grotendeels nie toegepas nie, insluitend die kwessie van Swartz se afdanking, wat sy geëis het.
Die burgemeester het gister tydens die dorpsraad se eerste raadsvergadering vir 2017 uitdagings genoem, wat onder meer inkomste-invordering, die groeiende aanvraag na laekoste-behuising, vervalle water- en rioolnetwerke en agterskallige skuld insluit.
Sy het haar span versoek om vanjaar hul houding te verander: “Ons kan nie enige iets nuuts bereik as ons arms nog vol van gister se rommel is nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie