Reho Spa, 'n seer oog vir die dorp
ONGELUKKIGE
BASTERVROU SKRYF:
Ek wil graag as 'n Rehoboth Baster skryf oor die eens pragtige Reho Spa.
Dit is hartseerlik om daar verby te stap en te sien in watter haglike toestand die eens pragtige Reho Spa is. Die Rehoboth Community Trust het die Spa gekry. Daardie plek kan inkomste genereer met die swembad, die warmbad en die rushuise.
Oor meer as amper 7 jaar wat die trust die Spa oorsien, gebeur daar absoluut niks nie. Die bungalows se wasbakke, krane en deure is uitgeruk. Mense, is daar dan geen sekuriteit nie?
Ons eis dat die Rehoboth Community Trust die Spa teruggee aan die regering of vir iemand anders wat dit kan regmaak en vir die doel aanwend waarvoor dit gebou was.
Dit is die enigste ontspanning- en bekostigbare plek binne die dorp waarna die minder gegoede Rehobother op 'n warm dag of Kersdag met jou familie kan gaan om te kan ontspan.
Mense, jy kan skaars die geboue sien, so hoog is die gras.
Miskien is daar 'n barmhartige samaritaan wat hul hande uitreik na die eens pragtige plek met die warmwaterbron wat 'n toeristeaantreklikheid was in die verlede.
Ons soek onmiddelike antwoorde van mnr. Ronald Kubas en sy span om aan die Bastervolk te verduidelik hoekom die Reo Spa in so 'n haglike toestand is, en wanneer hulle van plan is om iets aan die verwaarlosing te doen.
Daar is so baie wat gedoen kan word vir inkomste.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie