Reho-tiener se moordsaak uitgestel
Denver Kisting
Die 14-jarige kind wat glo verlede week buite Rehoboth 'n volwasse vrou verkrag en vermoor het, het gisteroggend 'n tweede verskyning in die hof gemaak.
Naas moord, verkragting en lykskending staan dié tiener ook tereg op aanklag van brandstigting.
Daar word beweer hy het verlede week vir me. Sarah Jagger (57) verkrag, haar doodgeslaan en toe haar regtervoet afgesny.
Die seun het glo vroeër verlede week ook twee plaashuise in die omgewing van Bahnhof buite Rehoboth afgebrand.
Jagger se lyk en voet is afsonderlik in die omgewing, sowat een kilometer van mekaar, ontdek.
Die seun het gisteroggend gesê hy het reeds om regshulp aansoek gedoen.
Weens die kind se minderjarigheid was sy hofverskyning weer eens geslote.
Sy voog was gister weer teenwoordig in die Rehoboth-landdroshof tydens die vlugtige verskyning.
Die hof het gelas sy saak word tot 23 Oktober uitgestel.
Die tiener bly intussen in aanhouding.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie