Reho-tiener se moordsaak weer uitgestel
Reho-tiener se moordsaak weer uitgestel

Reho-tiener se moordsaak weer uitgestel

Denver Kisting
Denver Kisting – ’n Maand ná die grumoord op die 57-jarige me. Sarah Jagger buite Rehoboth, is haar vermeende moordenaar (14) steeds in polisieaanhouding.

Die tienerseun het gisteroggend vir die derde keer vlugtig in die landdroshof op dié dorp verskyn.

Hy staan tereg op aanklagte van verkragting, moord en lykskending.

Die saak is gister tot 20 November vir verdere polisieondersoek uitgestel.

Hiernaas wag die seun ook nog op die direktoraat regshulp om ’n prokureur vir hom aan te stel.

Dié weeskind se voog was gister weer teenwoordig.

Naas moord, verkragting en lykskending staan dié tiener ook op aanklag van brandstigting tereg.

Die polisie beweer die tiener het laat verlede maand vir Jagger verkrag, haar doodgeslaan en haar regtervoet afgesny.

Sy het glo gereeld vir hom kos gegee.

Die seun het glo dae voor die moord ook twee plaashuise in die omgewing van Bahnhof buite Rehoboth afgebrand.

Jagger se lyk en voet is afsonderlik in die omgewing, sowat een kilometer van mekaar, ontdek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!