Rehoboth bly kniediep in skuld
Inwoners van die dorp het ’n organisasie gestig om voorstelle te maak en ontwikkeling te bevorder.
Augetto Graig - Lede van Rehoboth se dorpsraad sê die dorp se skuld beloop al weer honderde miljoene dollars vir water- en kragverskaffing.
Dít het tydens ’n vergadering gister op die dorp tussen die Rehoboth Independent Town Management Association (Ritma), die burgemeester, me. Christina Blaauw-Petrus, die adjunkburgemeester, me. Eva Maasdorp, dorpsraadslede, lede van die munisipale bestuurskomitee en die dorp se uitvoerende hoof, mnr. Simeon Kanime, aan die lig gekom.
Volgens dorpsraadslede het omstandighede onder die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling se toesig vererger.
Mnr. Peya Mushelenga, minister van stedelike en landelike ontwikkeling, het dorpsraadslede in 2018 geskors, maar in Desember verlede jaar is die hele raad in hul posisies heraangestel.
Mnr. Jonas Mathew, ’n raadslid, het gesê: “Die water- en kragskuld was reeds hoog op die eerste dag toe ons ingehuldig is.
“Toe ons geskors is, was die skuld minder.”
Me. Emma Farmer, ook ’n raadslid, sê die kragrekening het in twee jaar tot N$112 miljoen verdubbel.
Sy sê dit is aan Mushelenga genoem, maar “die minister is soos ’n granietklip as jy met hom praat”.
“Ons was amper twee jaar weg, en ons het die ministerie se span vir terugvoering gevra oor wat gebeur het terwyl ons weg was,” het raadslid Marietta Pickering gesê.
“Ons is nie gelukkig oor wat op ons dorp gebeur het tot me. /Goagoses hier weg is nie,” het sy gesê.
Blaauw-Petrus het gesê: “/Goagoses se verslag is nie volledig nie. Die raad keur nie daai verslag goed nie. Nou begin ons maar weer.”
Ritma beywer hulle vir die bevordering van ontwikkeling en die verbetering van inwoners se lewensomstandighede op Rehoboth.
Die organisasie se voorsitter, mnr. Rudi van Wyk, het veral gefokus op toegang tot skoon water, en ander benaderings tot aankopebestuur voorgestel.
Kanime het verduidelik die munisipaliteit voer slegs dorpsraadresolusies uit.
“Voorstelle wat hier gemaak is, sal by die bestuursvergadering ter tafel gelê word en deur die bestuurskomitee oorweeg word. Hulle sal aanbevelings aan die raad maak, wat finale besluite sal neem,” het hy gesê.
“Ek hoop die organisasie sal ook by die raadsvergadering teenwoordig wees om self te hoor wat aangaan,” het Blaauw-Petrus gesê.
Die dorpsraad sal weer op 27 Februarie vergader.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie