Rehoboth gee Chinese firma die trekpas
Die mynwoordvoerder het gesê die bestuur is vol vertroue dat die geskil “minlik” uitgestryk sal word.
Jemima Beukes – Die Rehoboth-dorpsraad sê hy sal nie meer die onbestendige verhouding met die Afrika Huaxia-kopermyn – wat deur 'n Chinese maatskappy besit word – voortsit nie en het hulle gevra om die dorp te verlaat óf hul agterstallige kragrekening van N$10 miljoen teen die einde van die jaar te betaal.
Die uitvoerende hoof van Rehoboth se munisipaliteit, mnr. Simeon Kanime, het aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê die mynbestuur het geweier om sowat N$15 miljoen vir die verhuring van grond en kragverbruik op te dok.
Die maatskappy was veronderstel om maandeliks N$35 000 vir die grond te betaal, maar geen formele kontrak is ooit onderteken nie.
’n Waardeerder wat die raad onlangs ingebring het, het egter ’n maandelikse huurbedrag van N$20 000 aanbeveel in plaas van die N$35 000 wat aanvanklik ooreengekom is.
“Ons gaan nie meer speletjies met die Chinese myn speel nie. Hulle sal die N$20 000 wat terugdateer na 2011 voor September moet betaal, óf hulle moet gaan. Ons is moeg vir die wisselvalligheid,” het Kanime gesê.
ONDERHANDELINGE ONDERWEG
Me. Maggie Ming het namens die mynbestuur gesê hulle is vol vertroue dat die geskil “minlik” uitgestryk sal word.
Volgens haar is Africa Huaxia Mining (Edms.) Bpk verbind tot die beginsels van korporatiewe bestuur om 'n kultuur van veilige en etiese gedrag – benewens integriteit en respek – aan te moedig, en daarom is die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) betrokke by die gesprek oor die dorpsraad se bekommernisse.
“Die geskil oor die huurpaaiemente van die grond waarop die Swartmodder-myn bedryf word, word benader via die Minerals Ancillary Rights Commission (MARC) ingevolge artikel 110 (4) van die Wet op Minerale (Prospektering en Mynbou), Wet 33 van 1992. Ons het redelik vordering gemaak met die steun en betrokkenheid van onderskeidelik die ECB en MARC, maar as gevolg van die vertroulikheid van die voortgesette beraadslagings kan ons nie in hierdie stadium veel inligting verskaf nie.
“Ons erken egter dat ons die uitsettingsbrief van die Rehoboth-dorpsraad ontvang het,” het sy gesê.
– [email protected]
FOTO
Africa Huaxia Mining het die trekpas by die Rehoboth-dorpsraad gekry. Foto Argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie