Rehoboth: /Goagoses kap terug
Die ministeriële verteenwoordiger ontken die dorp se skuld het gestyg in die tyd wat sy die leisels oorgeneem het.
Augetto Graig - Me. Nathalia /Goagoses, wat in 2018 as ministeriële verteenwoordiger op Rehoboth aangestel is, is hoogs ontstoke oor die toestand waarin sy beweer sy dié dorp se sake destyds aangetref het.
Só sê sy in reaksie op die heraangestelde raad se aantygings dat die dorp se sake verswak het en skuld opgehoop het in die tyd wat sy in beheer daarvan was.
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Peya Mushelenga, het haar destyds aangestel met die doel om die geskorste dorpsraad te vervang.
/Goagoses sê dorpsraadslede se beskuldigings is “stank vir dank”.
Rehoboth se burgemeester, me. Christine Blaauw, het Dinsdag (18 Februarie) gesê die raad aanvaar nie /Goagoses se oorhandigingsverslag nie omdat dit onvolledig is.
“Ek het hulle van al die verslae voorsien,” sê /Goagoses egter.
“Ek het alles in my oorhandigingsverslag genoem en aangedui wat ek maandeliks gedoen het. Ek het op my eie inisiatief elke namiddag vir twee weke voor ek gegaan het met hulle vergader om alles duidelik te maak.”
Volgens die ministeriële verteenwoordiger moes sy veral goeie bestuur in plek stel.
“Hulle kon nie eens raadsvergaderings hanteer nie,” sê sy.
Sy moes ook bestaande beleid met betrekking tot dorpsgrond en woonerwe in oënskou neem, sê sy.
“Dit was ’n gemors, met ’n miljoen rand en meer uitstaande, waarvan rekenskap nie gegee is nie. Rehoboth het van die grootste dorpsgronde en sou baie by behoorlike bestuur baat,” sê sy.
Tot N$6 miljoen sou maandeliks deur middel van dié inkomstebron ingevorder kon word, sê sy.
“Die groot skuld wat hulle gelos het, kon ek nie herstel nie, maar die NamPower-rekening sou nou oor die N$200 miljoen wees as ek nie elke maand sowat N$9 miljoen vir krag ingevorder het nie. Daar was reeds N$82 miljoen se skuld en ek kon altesaam N$86 miljoen aan NamPower oorbetaal,” sê sy.
Ander uitdagings sluit in die Chinese myn (naam?) wat reeds nege jaar lank in bedryf is, maar “geen sent aan die dorpsraad betaal nie”, en waarvoor daar glo geen rekord van ’n kontrak bestaan nie.
“Daar was ook menslikehulpbronnekwessies wat ek moes opklaar. Kyk na die teerpaaie. Met die gemeenskap se hulp het ons gate gevul, en vrywilligers het die Reho Spa skoongemaak en tot ’n mate herstel,” sê sy.
Volgens /Goagoses is die beskuldigings teen haar onregverdig.
“Dit is karaktermoord en raak my integriteit,” sê sy.
“As hulle nie die moeite wat ek gedoen het, en die stelsels wat ek in plek gesit het, waardeer nie, vrees ek vir Rehoboth, en ek vra die burgers en gemeenskap om fyn dop te hou wat die raad tans doen,” sê sy.
Mnr. Simeon Kanime, die munisipaliteit se uitvoerende hoof, wou nie bevestig wat die bedrag is wat Rehoboth aan NamPower en NamWater verskuldig is nie.
Volgens hom sal in Maart aangekondig word wanneer die eerste munisipale gemeenskapsvergadering verwag kan word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie