Rehoboth-hoës in ongeluk
Die motor waarin ’n raadslid en waarnemende hoofbeampte in 'n ongeluk betrokke was, is glo “eenvoudig net gevat".
Catherine Sasman – Inwoners van Rehoboth is ontstoke nadat die omstrede aangewese waarnemende hoofbeampte van die dorpsraad, mnr. Willie Swartz, en die voorsitter van die bestuurskomitee, mnr. Winston /Uirab, Maandag in ’n motorongeluk buite Mariental betrokke was.
Volgens die ontevrede inwoners is Swartz nie veronderstel om ’n motor te gebruik wat aan die dorpsraad behoort nie, omdat hy ’n motortoelaag ontvang.
Volgens ’n anonieme bron is die motor wat gebruik is, ook nie uitgeteken nie.
“Dit is eenvoudig gevat. Dit is nie uitgeteken nie. Daar is algehele chaos, roekeloosheid en ’n gebrek aan dissipline,” het die bron gesê.
/Uirab het Woensdag gesê hy het die motor bestuur - nie Swartz nie.
Volgens hom is die motor deur die munisipaliteit se vlootbeampte aan hom toegeken.
“Ek het nie die motor gesteel nie. Ek het dit ná ’n kort vergadering die oggend uit die stadsraad se perseel getrek. Die motor is aan my voorsien. Ek kan jou 100% waarborg dat die dorpsraad se voertuie en eiendomme nie deur bestuurders of raadslede gebruik of misbruik word nie,” het /Uirab gesê.
Volgens hom was hy en Swartz op pad na ’n amptelike vergadering met die Keetmanshoop-munisipaliteit om meer uit te vind oor hul korttermynreëling met Erongo Red en hoe dit bestuur word om die munisipaliteit se skuld by NamPower te beperk.
Rehoboth se burgemeester, me. Christine Blaauw-Petrus, asook die adjunkburgemeester, me. Eva Maasdorp, was in ’n aparte voertuig op pad Keetmanshoop toe vir dieselfde vergadering.
Inwoners beweer die dorpsraad ignoreer boonop ’n opdrag van die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, dat Swartz die dorpsraad nie op enige platform moet verteenwoordig nie.
/Uirab sê hy het gehoor van Shangingwa se opdrag wat op Swartz betrekking het, maar sê daarvolgens moet die dorpsraad vergader, die opdrag “noukeurig lees” en dan ’n besluit oor die aangeleentheid neem.
Blaauw-Petrus was nie Woensdag vir kommentaar beskikbaar nie.
Maasdorp sê sy is nie die aangewese persoon om op “die sensitiewe aangeleentheid” te reageer nie, en het alle navrae na Blaauw-Petrus verwys.
Mnr. Jeffrey Kasupi, die dorpsraad se woordvoerder, beweer hy weet nie van die voorval nie. Hy het later gesê hy kon nie enige inligting oor die ongeluk en die omstandighede daarrondom inwin nie.
Swartz het nie sy telefoon beantwoord nie.
Sy aanstelling as waarnemende hoofbeampte word as omstrede beskou omdat hy in die middel van 2015 sy bedanking by die raad ingedien het en vir alle praktiese doeleindes homself vyf maande later, met die Swapo-raadslede se goedkeuring, in sy voormalige pos as menslike hulpbronnebestuurder en bestuurder van korporatiewe aangeleenthede heraangestel het.
Die raad het destyds ook N$150 000 aan Swartz uitbetaal vir die vyf maande wat hy nie in diens van die raad was nie.
Met sy terugkeer is hy deur die geskorste hoofbeampte van die dorpsraad, mnr. Chris /Uirab, geskors omdat hy na bewering N$13 miljoen van die dorpsraad se geld in sy persoonlike bankrekening inbetaal het.
Die dag ná sy skorsing het die dorpsraad Swartz weer in sy pos heraangestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie