Rehoboth in rou oor Joodt se skokdood
Rehoboth in rou oor Joodt se skokdood

Rehoboth in rou oor Joodt se skokdood

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Polisiebeamptes van Rehoboth is in rou oor die dood van hul stasiebevelvoerder, hoofinspekteur Max Kastoor Joodt (49).

Joodt se liggaam is Dinsdag omstreeks 18:20 by die MTC-toring in die Blok G-woonbuurt op die dorp gevind.

Volgens die nasionale woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, het Joodt vermoedelik tussen Sondag en Dinsdag homself om die lewe gebring.

"Sy liggaam is met 'n skietwond aan sy kop gevind. Geen selfdoodbrief is op die toneel gevind nie," het sy gesê.

Kinders wat Dinsdagaand agter die M&K Gertze Hoërskool in die koppies gaan draf het, het na bewering op die oorledene se liggaam afgekom.

Die polisieondersoek duur voort.

“Ons is platgeslaan en het seer oor ons bevelvoerder se dood. Sy dood kom as ’n skok, want ons kon niks agterkom dat iets fout is nie,” het ’n kollega van Joodt gesê.

“Nou bly daar net baie onbeantwoorde vrae oor.”

Joodt se enigste dogter, Desiré (25), het gister aan Republikein gesê hulle is in skok en kon ook nie enige selfdoodtekens by haar pa bespeur nie.

Joodt kom oorspronklik van die Omahekestreek af waar hy by die Mokganedi Tlhabanello Hoërskool op Drimiopsis gematrikuleer het.

Hy het polisiëring aan die Tswane Universiteit van Tegnologie in Pretoria in Suid-Afrika studeer, asook polisiepraktyke aan die suidelike kampus van die Universiteit van Namibië (Unam).

Volgens Shikwambi het Joodt 27 jaar in die polisiemag gedien en hy was sedert 2013 die stasiebevelvoerder op Rehoboth.

Joodt word deur sy vrou, Selma, dogter en twee seuns, die 15-jarige Randelle en Gerhaldo (11), oorleef.

Geen begrafnisreëlings is nog getref nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!