Rehoboth-juffrou wys omgee
Me. Sandra /Goagoses, ’n onderwyseres van die Primêre Skool #Oan//ob, en haar vriende het klere ingesamel vir die mense van die Twaloloka informele nedersetting in Walvisbaai wie se huise deur ’n brand verwoes is. Honderde is haweloos gelaat en het alles in die brand verloor. Goagoses het die klere in Blok E in Rehoboth ingesamel en kus toe gestuur.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie