Rehoboth-leierskap onveranderd
Rehoboth-leierskap onveranderd

Rehoboth-leierskap onveranderd

Augetto Graig
Mee. Christina Blaauw-Petrus en Eve Maasdorp is onderskeidelik as burgemeester en adjunkburgemeester tydens die Rehoboth-dorpsraad se verkiesing Maandag herkies.

Hulle is deur landdros André Matulitch by die Rehoboth-raadskamers ingehuldig. Ander raadslede wat weer aangestel is, sluit in mnre. Winston /Uirab as voorsitter van die bestuurskomitee, Jonas Matthew as adjunkvoorsitter, asook die United People’s Movement (UPM) se lede op die Rehoboth-dorpsraad, mnr. Leonard Pienaar, mee. Marietta Pickering en me. Emma Farmer, wat almal as gewone lede op die raad dien. Swapo-verteenwoordigers behou ses plekke op Rehoboth se dorpsraad teenoor die drie van die UPM.

In haar toespraak het Blaauw-Petrus gesê die jaar was vir die raad gebeurtenisvol - in ''n goeie en slegte sin: “Ons kon meer gedoen het as die politieke leierskap minder tyd bestee het op skinderstories versprei en meer dissipline wys oor sake wat ons gemeenskap raak.”

Rehoboth se dorpsraad was die afgelope tyd deur inwoners van swak dienslewering beskuldig. Inwoners het twee weke gelede ''n optog gehou teen die swak infrastruktuur op die dorp, riool wat die strate vol loop en die misbruik van fondse. Hulle eis die onmiddellike verwydering van alle raadslede.

Blaauw-Petrus het gemeenskapleiers op die dorp aangemoedig om te vergeet van politieke bondgenootskappe en om eerder aan die dorp se ontwikkeling te werk. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!