Rehoboth middelpunt van wedrenbedryf
Perdewedrenne
Tielman van Lill
‘n Spanpoging van verskeie wedrenklubs wat by die Namibiese Perdewedrenvereniging (NHRA) geregistreer is, gaan sorg dat liefhebbers van die sport opnuut môre met die 2018 Prep Run by die Rehoboth Turfklub bederf word.
Die byeenkoms word nie verniet die Prep Run genoem nie, want die kompetisie is ideaal om perde vir die res van die seisoen voor te berei om aan die volgepakte program vir 2018 te voldoen. Die dag beloof om uitstekende vermaak en mededinging te verskaf met heelwat perde wat uit Suid-Afrika ingevoer is om vir die eerste keer in Namibië te hardloop.
Die Namibiese spoedrosse wat reeds vir hulle naam gemaak het, sal nie 'n treë terugstaan vir die groter name uit Suid-Afrika nie.
Dit is nog vroeg in die renseisoen, maar dié byeenkoms sal beslis uiters kompeterend wees, met elke perde-eienaar se trots wat op die spel is.
Verskillende afstande en afdelings sal môre vanaf 12:00 aangedurf word en Stebbins, die kampioen uit die Narisstalle, sal beslis die gunsteling wees om te klop. Menige joggie sal graag vir Stebbins die hakskene wil wys, maar dit is makliker gesê as gedaan.
Die ander snellers, soos Prince de Lago, Olympic Hall, La Myst (Angermundstalle), Dynamic Affair, Silver Goddess, Double D (Narisstalle), Flying Gitano, Colloseum en die nuweling Oro Negro (Kobosstalle), sal alles in die stryd werp om ‘n oorwinning te behaal.
“Baie dankie aan almal (die klubs) en individue wat ‘n bydrae gelewer het sodat ons die byeenkoms kan aanbied,” het mnr. Eugene Descande, een van die organiseerders, gesê.
Die dag se verrigtinge begin om 12:00. Toegang kos N$20 vir volwassenes en kinders betaal N$10.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie