Rehoboth-omgewing onder druk
Onwettige sandmyne in Oanabrivier
Augetto Graig - Die droë Oanabrivier wat om Rehoboth vanaf die sluise van die Oanabdam kronkel, is ’n spreekwoordelike goudmyn vir onwettige sandmyners wat meters diep die fyn sand uitgrawe en met vragmotors wegry.
Dié sand is veral vir die plaaslike boubedryf ’n noodsaaklikheid, maar die skade wat dit aan die omgewing rig, word dikwels nie ernstig opgeneem nie.
Die Wet op Omgewingsbestuur van 2007 lys sandmynaktiwiteite onder dit wat slegs met ''n klaringsertifikaat van die ministerie van die omgewing en toerisme mag plaasvind. Die ontginning van sand in rivierlope val onder dié wet.
Die omgewingskommissaris, mnr. Teofilus Nghitila, het bevestig dat geen klaringsertifikaat vir sandmynaktiwiteite op Rehoboth of in die Oanabrivierloop goedgekeur is nie.
“Ons het op ons stelsel gekyk, maar daar is niemand wat toestemming het om daar sand te myn nie,” het hy gesê. “As daar dus gemyn word, is dit onwettig en sal ons dit onmiddellik stopsit.”
Nghitila het verlede week gesê sy kantoor sou Woensdag ’n span na Rehoboth stuur om ondersoek in te stel. “Ons is nie van plan om enigiemand te verskoon nie, veral nie wanneer daar geen eienaarskap van die operasies vasgestel kan word nie, en niemand verantwoordelikheid aanvaar nie.
“Ongelukkig is dit só dat wanneer hulle klaar gemyn het, verdwyn hulle eenvoudig en los die gate net so. Dit raak die staat se probleem om die omgewing te rehabiliteer. Boonop is die gate baie gevaarlik en ''n risiko vir inwoners,” sê Nghitila.
Natuurkenners waarsku dat die ontginning van riviersand noodsaaklike minerale en mikro-organismes verwyder wat lei tot die uitwissing van plante op rivieroewers.
Die myn van riviersand kom ook in andere dele van die land voor en neem op die oomblik teen ’n kommerwekkende pas toe.
“Daardie aktiwiteit veroorsaak vir ons kopbrekings. Dis oral – noord, suid, oos en wes. Verlede jaar moes ons ’n mynoperasie op Groot Aub sluit ná hulle in die rivierloop en in die koppies daar gemyn het,” het Nghitila gesê.
Die impak van sandmynaktiwiteite kan lei tot erosie van rivieroewers asook erosie stroomaf weens ’n toename in walle en veranderinge in invloeisnelheid in tye van swaar neerslae.
Net ’n hanetree van die sandmynoperasie steek die eerste sinkhuisies tussen die vernielde oorblyfsels van die historiese Rehoboth Acacia-woud uit. Lede van die gemeenskap sê kinders in die omgewing het in die laaste reënseisoen in die diep sandmyngate verdrink omdat daar niks is wat aandui hoe diep die gate is nadat die rivier afgekom het nie.
Die Acacia-woud verskaf nie net skaduwee en koelte nie, maar ook heiningpale, boumateriaal en hout vir die gemeenskap, ongeag die woud se toerismepotensiaal en die hout se waarde. Omdat die woud binne die dorpsraad gebied lê, kan die ministerie van bosbou ten beste vir Rehoboth se dorpsraad raad gee en help met die beskerming daarvan – en dit ook net as die dorpsraad om hulp vra, sê ’n woordvoerder van die ministerie.
Die dorpsraad is verantwoordelik vir die instandhouding van die dorp se riooldamme en die stukkende waterpompe wat in die hartjie van die woud geleë is, maar teen druktyd is geen terugvoering oor dié kwessies van die dorpsraad ontvang nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie