Rehoboth rou ná gru-ongeluk
Inwoners van Rehoboth is in rou oor die skokdood van vyf jongmense.
Ronelle Rademeyer en Boet Matthews
“Die mense wat dit aanskou het, is erg getraumatiseer. Hulle het hulp nodig (om dit te verwerk),” sê 'n verslae mnr. Rudi van Wyk, burgemeester van Rehoboth, oor die tragiese gebeure Saterdagnag by Bahnhof-stasie buite dié dorp.
Hy het gister by navraag vertel hoe omstanders probeer het om insittendes uit die brandende motorwrak te bevry waarin drie vroue en twee mans onherkenbaar verkool het.
Een van hulle vriende het uitgespring en die ander een kon uitgesleep word voordat die vlamme die wrak verswelg het.
Mnr. Charles Shivela (35) het gister uit sy hospitaalbed in St. Mary's op Rehoboth aan Republikein gesê hy kan nie onthou wat gebeur het nie. “Al wat ek kan onthou, is dat mense my weggesleep en op die gras laat lê het,” sê hy.
Me. Rachel (Barbie) Diergaardt (19) het haar rug ernstig beseer toe sy uitgespring het. Haar toestand is sodanig dat sy na die intensiewesorgeenheid van 'n Windhoekse hospitaal oorgeplaas moes word.
Die eienaar en bestuurder van die luukse Range Rover-sportnutsvoertuig is een van die oorledenes. Hy het na bewering omstreeks elfuur die aand beheer op 'n draai verloor en teen 'n hoë spoed reg op die perron by Bahnhof afgepyl, waarna die voertuig aan die brand geslaan het.
Die sewe jongmense het vroeër die aand saam op Rehoboth gekuier.
Van Wyk sê die mense in die omgewing wat hulle na die toneel gehaas het, moes die ruite met 'n koevoet stukkend kap om by die skreeuende beseerdes uit te kom. Die deure van die voertuig was gesluit.
“Teen die tyd wat hulle die ruite gebreek het, was die vuur so warm dat hulle nie naby kon kom nie,” vertel Van Wyk.
Daarom kon net Shivela uitgesleep word.
Die bekende Rehobother mnr. Mario Guterres, wat opleiding in brandbestryding gee, is deur Van Wyk by sy huis opgelaai en na die toneel geneem. “Hierdie gru-ongeluk het my geruk. Ek was in die oorlog en het baie goed gesien, maar hierdie is een van daardie tonele waar jy die mense se hulpkrete lank na die tyd nog in jou slaap hoor,” sê Guterrres, en voeg by: “Hulle was jongmense met 'n blink toekoms.”
Adj.komm. Eric Clay, die koördineerder van misdaadondersoeke in die Hardapstreek, het gister aan Republikein gesê die name van die oorledenes kan nie amptelik bekend gemaak word voordat hulle nie deur middel van DNS-toetse geïdentifiseer is nie.
Een van die oorledenes, wat eerskomende Vrydag 24 jaar oud sou word, was 'n goeie atleet met 'n besonderse sangtalent, het 'n inwoner na aan die familie vertel.
“Almal praat oor haar. Dit is hartverskeurend. Sy laat haar seuntjie van 2 jaar oud agter.”
Intussen het minstens ses ander mense teen laat gister ook op paaie in die land gesterf.
Die bloedige padongelukkerekord van die langnaweek is vroeg Vrydagoggend ingelui met 'n botsing 30 km buite Tsumeb op die Oshivelo-pad waarin drie mense dood is.
Die ongeluk het gebeur toe die splinternuwe Toyota Urban Cruiser wat mnr. Erikki Natangwe Erastus (31) vir 'n koper in die Noorde moes gaan aflewer, 'n koedoe getref en toe in 'n aankomende sewesitplekvoertuig vasgery het.
Beide Erastus en mnr. Josef Edward (56), die bestuurder van die ander voertuig, is in die ongeluk dood. Die derde oorledene was een van die insittendes. Hy is die 29-jarige mnr. Maurmir Gordon Cecil Gurirab.
Die 31-jarige mnr. Bernhold Klaudius Vries (31) is in die vroeë oggendure Sondag op die grondpad na die Nautedam dood toe die bakkie waarop hy gery het, omgeslaan en die nege passasiers agterop afgeval het.
Die vierde noodlottige ongeluk het omstreeks halfelf Saterdagnag op die Okalonga-Oshikuku-pad plaasgevind het. Mnr. Indileni Kaanduka (32), die passasier, is later aan sy beserings dood.
Sondagaand agtuur is die 18-jarige Kambonde Peter in 'n ongeluk naby Rundu dood toe 'n voertuig van agter in die motor waarin hy 'n passasier was, vasgery het.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie