Rehoboth soek na United se swak plekke
Klubrugby
Andrew Poolman - Oomblikke van swak konsentrasie was gewis te sien in Trustco United se naelskraapse oorwinning met 23-22 teen FNB Western Suburbs verlede naweek in Khomasdal.
Met hul terugkeer na hul tuisveld môre om teen Rehoboth Rugbyklub te speel, sal United as voorloper in die Namibië Rugby-unie se premierliga gewis nie ’n herhaling kan bekostig van die insinking wat hom laas naweek so byna gekelder het nie.
Die Filistyne was rustyd met 11-3 voor, maar skaars ’n kwartier later het Suburbs reeds drie drieë bygevoeg om met 17-11 die voortou te neem. Die Khomasdallers het tot diep in beseringstyd nog met 22-16 voorgeloop, voordat United met deurslaggewende hulp van ’n string strafskoppe toegeken deur skeidsregter Stephan Kellerman die wenpunte bewerkstellig het.
Die reserwehaker Jonathan Goliath was eerste in die doelgebied om die rolskop van senter Michael Hummel op te volg, maar steeds was die suksesvolle doelskop deur Winmar Rust nodig om United se telling met ’n enkele punt verby Suburbs te stoot.
United se heelagter Darryl Vries is verskeie kere in die wedstryd lelik in besit betrap vanweë sy besluiteloosheid wanneer sy voormalige spanmaats skoppe in sy rigting gestuur het. Vries is egter vir môre se wedstryd op die reserwebank geplaas, met sy 15-trui wat aan die aanwins van Kudus, Carlton Stevens, toevertrou is.
United se afrigter, Robbie Dickson, het ook vir Adriaan Venter tussen hakies in sy span vir môre ingesluit, onderhewig daaraan dat die speler se vrystellingsbrief betyds uit Suid-Afrika verkry sou word. Venter is die jonger broer van die Namibiese yster-losvoorspeler Janco en het vroeër vanjaar vir die Maties Young Guns uitgedraf.
“As Adriaan nie mag speel nie, sal Gerhard Opperman flank toe skuif, soos laas naweek, en Jason Benade sal as stut begin,” het Dickson verduidelik.
Rehoboth het maar net die helfte van die ligapunte wat United sover opgebou het, maar die Rooi Bulle het reeds gewys dat hulle enige span in die diep water kan sleep en tot laat in die wedstryd steeds ’n wenkans het.
United se eerste span: 15 Carlton Stevens, 14 Stefan Louw, 13 Jacques Lehanie, 12 Michael Hummel, 11 Henry Kandjou, 10 Hanreco van Zyl, 9 Pieter van Vuuren, 8 Naude Neethling, 7 Thomas Kali, 6 Niël van Vuuren, 5 Thomas Kali/Adriaan Venter, 4 Winmar Rust (kapt), 3 Chris Swanepoel, 2 Gerhard Thirion, 1 Gerhard Opperman.
Reserwes: Jonathan Goliath, Jurgen Schmidt, Jason Benade, Venoumba (Sticks) Kanguatjivi, Donovan van Wyk, Morne Blaauw, Darryl Vries.
Rehoboth: 15 Xauvier van Wyk, 14 Julian Afrikaner, 13 Hillian Beukes, 12 Henrique Olivier, 11 Brandon Dentlinger, 10 Ascher Coetzee, 9 Howard Titus, 8 Johann Wohler (kapt), 7 Chemegan Beukes, 6 Lloyd van Wyk, 5 Allister Groenewaldt, 4 Elroy van Wyk, 3 Carl William Freygang, 2 Jeandre Cloete, 1 Kevin Cloete.
Reserwes: Steven Fliede, Titus Mathias, Francois Visagie, Chester Diergaardt, Chase Diergaardt, Deslee Beukes en Romeo Visagie.
UNAM KIES STERK
Verskeie nasionale spelers wat puik spel gelewer het tydens Namibië se afgelope toer na Uruguay, is ingesluit in FNB Universiteit van Namibië se tuiswedstryd môre teen Western Suburbs.
Die flank Prince !Gaoseb se eerste verskyning in ’n ligawedstryd vandat hy ná twee seisoene by die Blou Bulle se junior spanne na Windhoek teruggekeer het, sal beslis die studentespan se speltempo verder help lig. Saam met Max Katjijeko en die kaptein Berry Gande vorm hy ’n lostrio wat vir bitter min terugstaan.
Unam: 15 Lorenzo Louis, 14 Oderich Mouton, 13 Milaan van Wyk, 12 Clyde Besser, 11 Shareave Titus, 10 Delron Brandt, 9 Jay-C Olivier, 8 Max Katjijeko, 7 Prince !Gaoseb, 6 Berry Gande (kaptein), 5 Kami Mieze, 4 Rheinhardt Carelse, 3 Graham April, 2 Bigman Kaura, 1 Desiderius Sethie.
Reserwes: Simon Kanime, Aleck Botha,, Enzio Kotzee, Cameron Langenhoven, Shaun van Wyk, Camlo Martin, Renier Benade.
Western Suburbs se spanlys was teen druktyd nie bekend nie.
• Die nuutste puntestand, nadat Reho Falcon geskors vanweë sy onttrekkings uit vorige wedstryde, is soos volg:
1 United 26 punte ná ses wedstryde
2 Wanderers 21 punte ná vyf wedstryde
3 Unam 19 punte ná vyf wedstryde
4 Western Suburbs 15 punte ná sewe wedstryde
5 Rehoboth 13 punte ná ses wedstryde
6 Kudus 4 punte ná sewe wedstryde

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie