Reik na die sterre
Jongmense het rolmodelle nodig; mense wat hulle inspireer en aanmoedig om hard te werk en hoë hoogtes te bereik.
Dr. Japie van Zyl is só iemand. Dié direkteur van sonnestelselverkenning by Nasa se Straalaandrywingslaboratorium (JPL) in Kalifornië, Amerika, se hart lê in hierdie land en hy ploeg graag en gereeld sy kennis terug.
Hy is tans weer hier om lesings te gee en praatjies te lewer en spits hom veral op jongmense toe.
Danksy hom kon baie Namibiërs die afgelope dekade of wat die ontdekkings wat deur byvoorbeeld die Kepler- en die Curiosity-sending gemaak is, met groot belangstelling volg.
Hy het as't ware die venster op die ruimte en die geheimenisse van die heelal vir die mense van sy geboorteland oopgetrek.
'n Mens sou na aanleiding van die detydse Joshua Doore-advertensie oor “jou oom in die meubelbesigheid”, skertsend kon sê Van Zyl is jongmense in Namibië se “oom in die ruimtebesigheid”.
Buiten vir hierdie oud-Namibiër betrokkenheid by Nasa, is Namibië ook die tuiste van die HESS-projek (Hoë-energie Stereoskopiese Stelsel) in die Khomas Hochland wat die grootste Cherenkof-teleskoop ter wêreld het. Dit bestudeer die gammastrale wat deur natuurlike kosmiese deeltjieversnellers soos reuse-swartgate, supernovas, pulsars, binêre sterre en moontlik selfs oorblyfsels van die Oerknal vrygestel word.
Verder besoek talle buitelandse sterrekykers Namibië ook jaarliks om hier op te kom sterre kyk omdat die toestande daarvoor so optimaal is.
Jong Namibiërs het dus al die rede in die wêreld om na die sterre te reik.
30 Mei 2018
Staatskaping: Uitstel verbaas nie
Hoe onwenslik ook al, verbaas dit nie dat die regterlike kommissie van ondersoek na staatskaping 'n uitstel van sy spertyd wil hê nie.
Die kommissie onder adjunkhoofregter Raymond Zondo het die haas onbegonne taak om diefstal van staatsgeld deur die skadustaat – soos The President's Keepers daarna verwys – onder oudpres. Jacob Zuma oor meer as 'n dekade te ondersoek.
Net 180 dae is te min, sê die kommissie. Wat wel ononderhandelbaar moet wees, is deeglike werk wat die organiese kultuur van staatskorrupsie oopvlek en in die kiem smoor.
Hoe meer tyd verlore gaan, hoe moeiliker raak dit om die onmoontlike taak met onwillige getuies en verdoeselde bewyse uit te rig.
Suid-Afrika wag daarop om die uitslag in die openbare domein te kry.
• Beeld

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie